S01E11 Anansi Bring Wysheid Na Wêreld

Loading player...
Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie...

Wat gebeur as jy glad nie so slim is as wat jy dink nie?
Anansi, die spinnekop, is ‘n figuur uit die mitologie en tradisies van Wes-Afrika en die Karibiese eilande, maar in vandag se storie ontmoet hom ons as ‘n ambisieuse en buitengewone spinnekop, met nog meer buitengewone planne.
Sien, alhoewel hy bekend is vir sy gekskeerdery en poetse, het hy ook sy skerp manier van dink en sy vermoë om slim planne te beraam gebruik om te kry wat hy wou hê. En in hierdie geval is dit nie sommer ietsie kleins nie. O, nee.
Hoe gemaak as ‘n klein spinnekoppie ‘n enorme plan kry en vir al die wysheid in die wêreld wil bymekaarmaak? Elke laaste liewe bietjie daarvan. Net vir homself.
Waar gaan hy oral moet soek? Om nie eers te praat van wat hy daarmee gaan doen as jy dit eers in die hande het nie.
En dit is maar net die begin van ‘n stryd waarin Anansi met baie moeiliker uitdagings en baie eenvoudiger oplossings gekonfronteer word.
Om slim te wees is een ding...
Al wat dit somtyds neem is ‘n onbetrokke buitestaander om selfs die slimste van slimmes reg te help, en die lewe bietjie makliker vir almal te maak.
En dit is presies wat met Anansi gebeur.
4 Oct 2025 Afrikaans South Africa Kids & Family · Fiction

Other recent episodes

S02E13 Maui Tem Die Son

’n Slim held, ’n vuurwarm son en ’n waaghalsige plan. ’n Opwindende volksverhaal oor moed, spanwerk en hoe Maui die son stadiger laat beweeg het.
9 May 11 min

S02E14 Mulan

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... Wanneer ‘n ou Chinese kryger teruggeroep word oorlog toe, maak sy dogter Mulan ‘n plan wat vir jare lank die hele weermag flous.
16 May 16 min

S02E12 Die Musikante van Bremen

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... Vier vergete diere, een groot plan en ’n nuwe begin. ’n Vrolike sprokie oor vriendskap, moed en tweede kanse.
2 May 12 min

S02E11 Anansi en die Patathopies

Anansi, ’n slim spinnekop, ’n knorrige heks en ’n gevaarlike towerspreuk. ’n Skreeusnaakse storie oor skelmstreke wat terugbyt!
25 Apr 12 min

S02E10 Soet Pap

Ons deel oulike Afrikaans stories vir kinders om verbeelding te prikkel en help met taalontwikkeling op 'n lekker manier. In vandag se storie... ’n Towerpotjie wat pap kook… maar net as jy die regte woorde ken! ’n Speelse sprokie oor matigheid, dankbaarheid en die gevaar van té veel van ’n…
18 Apr 12 min