MOS beskerm moedertaalonderrig met nuwe skool in Pta

Loading player...
Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, en Lerina van Rensburg, hoof van Enso Akademie in Wonderboom, Pretoria het met Esté Meyer Jansen oor dié skool gesels. Hulle verduidelik die visie agter hierdie baanbreker- Afrikaanse skool: van die simboliek van die Enso-sirkel tot die droom om leerders te vorm wat die toekoms met selfvertroue en karakter aanpak. Kom luister na die volledige onderhoud om te hoor hoe hierdie nuwe sirkel van leer, lewe en groei deel van MOS se groter droom vir moedertaalonderrig is.
10 Nov 2025 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

‘Vir weer’: Christia Visser se digbundel rou, eerlik

Christia Visser het haar jongste digbundel, “Vir weer”, geskryf terwyl sy deur ʼn egskeiding gegaan het. Sy probeer sin maak van verlies, verandering en van voor af begin, en met die digitale bundel deel sy haar “rouste vorm” met luisteraars. 
20 May 9 min

Wanneer een ouer tuisbly: die risiko vir huwelike

Die besluit dat een ouer tuisbly om kinders groot te maak, klink vir baie gesinne na die ideale oplossing. Huweliksberader Louise Ehlers waarsku egter dat dié reëling dikwels onbedoelde druk op ʼn huwelik kan plaas.
14 May 9 min

SkoolSlim | Kwytskelding, skoolgeld en finansiële druk op Afrikaanse skole

Skoolgeld bly vir baie Afrikaanse skole die verskil tussen oorlewing en agteruitgang. Tog verstaan ouers nie altyd hoe afhanklik openbare skole van dié inkomste geword het nie. Dít is die fokus van die jongste episode van die #SkoolSlim-podsending waarin dr. Leandie Bräsler van die Skoleondersteuningsentrum met Carl van Rooyen, prokureur…
8 May 10 min

SkoolSlim | Hoe bly goeie skole finansieel staande?

Afrikaanse skole staan onder toenemende finansiële en regulatoriese druk, terwyl staatssteun afneem en administratiewe vereistes toeneem. In dié episode van "SkoolSlim" gesels dr. Leandie Bräsler met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum, oor waarom langtermyn finansiële beplanning noodsaaklik geword het vir skole wat volhoubaar wil bly.
6 May 13 min

Brug na hoop: Projek gee kinders nuwe kans

“By ‘Bemagtig ʼn kind’ bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.”
30 Apr 4 min