KOPSKUIF - Bemagtiging van Leerders & die Hart Agter Suid-Afrika se Nasionale Skool-Gebedsdag

Loading player...
In hierdie episode gesels ons met Gerhard de Jager, besturende direkteur van #Projectschools, oor die organisasie se visie om voltydse jeugwerkers in skole te plaas en leerders te ondersteun met hul geestelike en emosionele welstand.

Ons word ook vergesel deur Liza-Marie Schutte, wat meer vertel oor #ProjectPrayer, ’n nasionale gebedsdag wat op 18 Januarie 2026 plaasvind. Hierdie besonderse inisiatief nooi Suid-Afrikaners uit om saam te bid vir ons land se leerders, onderwysers en skole.

Luister saam vir ’n inspirerende gesprek oor opvoeding, geloof en gemeenskapsimpak.
22 Nov 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kopskuif met Edwina Solomons: Hoe Kreatiewe Afrikaans-onderrig Jongmense Bemagtig

In hierdie inspirerende episode van Kopskuif gesels Meursha Eksteen met Edwina Solomons oor haar passie vir Afrikaans-onderrig en die impak van kreatiewe leer in diverse klaskamers. Edwina deel hoe sy tegnologie, kultuur en meertaligheid gebruik om Afrikaans toeganklik en relevant te maak vir elke leerder. Die gesprek fokus op bemagtiging,…
16 May 36 min

7 soorte rus – meer as net slaa

In hierdie insiggewende gesprek op die program "Kopskuif" verduidelik arbeidsterapeute Elisa Duplessis en Melissa Skoeman (Mondia Corporate Care, Bloemfontein) dat rus veel meer is as net slaap. Hulle bespreek die 7 tipes rus volgens Dr. Saundra Dalton-Smith: fisiese, kognitiewe, sensoriese, kreatiewe, emosionele, sosiale en spirituele rus. Hulle wys dat jy…
9 May 48 min

Kopskuif: 4 April 2026

Carina van Wyk, stigter en eienaar van NetSavvy, gesels op 4 April op Kopskuif oor aanlyn veiligheid. Skakel in om praktiese raad en wenke te hoor oor hoe jy jouself aanlyn kan beskerm. Carina gesels oor die waarskuwingstekens waarna gebruikers moet oplet wanneer hulle aanlyn is, asook die belangrikheid van…
4 Apr 43 min