Weet wie jy is

Loading player...
Wat sê jy nou eintlik as jy sê jy is ‘n Christen? Ons gaan kyk in diepte wat die Woord hieroor sê, waarom jy as Christen kosbaar is, wat dit beteken om die Here s’n te wees, en die beloftes wat saam met Jesus se opdrag van liefde kom.
Ek lees my kortverhaal, ’n Gewone engel, uit Stories vir die siel (saamgestel deur LAPA-uitgewers) voor – ’n verhaal wat demonstreer hoedat God in elkeen van sy kinders se lewens betrokke is.
9 Jan Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Gebruik jou tyd reg

Die Here het aan ons almal dieselfde hoeveelheid ure in ’n dag gegee, en hoe jy daardie ure spandeer is belangrik. Solid Ground Park in Klerksdorp bied geleenthede om tyd saam met geliefdes, in gebed en aan Bybelstudie te spandeer. Madeleine gesels met die stigter, Louis Wiid, en deel ook…
13 Nov 28 min

Om hulp te ontvang

As Christene, word daar van ons verwag om hulp te verleen. Maar sê nou maar die bordjies word skielik verhang, en jy is die een wat ’n weldaad en barmhartigheid benodig? Waarom is dit soms vir ons so moeilik om hulp te aanvaar? Madeleine gesels met Anèle Jansen van Rensburg,…
6 Nov 28 min

Stap jou pad met geloof

Vir baie jare teken Ria Ludick groot geloofsgebeure in haar familie aan, en in 2011 besluit sy om alles in ’n boek saam te vat. Dit is egter eers nadat sy afgetree het in 2023, dat sy in volle erns begin skryf en haar boek Geloofspad, uiteindelik die lig sien…
30 Oct 27 min

Jou wierookoffer

Billy Graham het gesê dat ware gebed nie net iets is wat jy in noodgevalle gebruik nie, maar dat dit eerder ’n lewenswyse behoort te wees. Maak ’n gewoonte daarvan, en wanneer ’n noodgeval wel opduik, sal jy reeds in oefening wees om te bid. Soms het ons egter so…
23 Oct 28 min

Spesiaal geskape

Carla Cronjé en haar man het vier pragtige kinders, waarvan die jongste, Matthys, met Downsindroom en outisme gediagnoseer is. In haar onderhoud met Madeleine, deel Carla waarom Matthys spesiaal is, en watter groot geskenk die outisme-bystandhond, Farrel, vir Matthys en hulle as ’n gesin is. Madeleine kyk ook na wat…
16 Oct 29 min