Nog dele van Krugerwildtuin heropen

Loading player...
Na verbeterde weerstoestande in die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend gebiede in die Krugerwildtuin, en voortgesette veiligheidsassesserings, word oornagbesoekers nou toegelaat om die park te besoek deur die Phalaborwa-hek, asook deur die Phabeni-hek vanaf vandag. Bateleur-boskamp heropen môre. Grondpaaie bly gesluit. Ons gesels met Rey Thakhuli oor die herbouplanne.
27 Jan Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Jabberwock keer terug na Wêreldkampioenskappe

Die Jabberwock-span het onlangs aan die Wêreldkampioenskap in Adventure Racing deelgeneem in Corsica. Harry Wiltshire en Sara Archdeacon vertel vir die Middag Game Drive hoekom slegs nege uit die 100 spanne wat die resies begin het, dit kon voltooi.
12 Nov 14 min

Sluit aan by die polisie

Die polisie wil hê jy moet by hulle aansluit. Lt. Kol. Jabu Ndubane en kapt. Mduduzi Hlubi vertel hoe werk die aansoekproses.
11 Nov 7 min