Reis deur Efesiërs - Deel 2 (08 Februarie 2026)

Loading player...
PREDIKER: Nadia Muller
TEKS: Efesiërs 1:1–2 en 6:21–24
TEMA: Die kerk se roeping

Nota: Net voor die preek is Isabella Pollard gedoop. Nadia verwys een of twee keer ook na die doop in die preek.

Wanneer daar in die kerk oor roeping gepraat word, dink baie van ons dadelik aan individuele roeping: waarvoor is ek geroep, en hoekom is ek op aarde? Paulus probeer egter juis in Efesiërs wys dat daar ’n baie dieper en belangriker roeping is – die universele roeping van die kerk. Hierdie roeping behoort ook die vertrekpunt van ons persoonlike roeping te wees.

In die Bybel word ons name nêrens met ’n spesifieke opdrag verbind nie. Wat Paulus wel duidelik maak, is dat die genade, vrede en liefde wat ons by God in Christus ontvang het, ook geleef moet word. Dít is ons roeping.

Nie in die eerste plek om sendeling, dokter, prokureur of huisvrou te wees nie; nie besigheidsmens of boer, kunstenaar of rekenmeester nie – maar om heiliges te wees, gelowiges in Christus. Dit beteken om God se vrede, genade en liefde sigbaar te maak in die wêreld.
8 Feb Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Erediens - 18 Oktober 2026 (Tien gebooie)

PREDIKER: Nadia Muller TEMA: Die Tien Gebooie – ’n uitnodiging tot ’n lewe saam met God Kom ons lees die Tien Gebooie met ’n ander bril. Wat as dit nie bloot ’n stel reëls is wat ons op die regte pad moet hou nie, maar eerder ’n uitnodiging van God…
18 Oct 38 min

Kinderdiens - 11 Oktober 2026

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Verskeie Skrifgedeeltes TEMA: Jesus is méér as JesusGPT Ons leef in ’n wêreld waar antwoorde net een vraag ver is. Vra vir ChatGPT, en binne sekondes kry jy hulp. Maar behandel ons nie soms vir Jesus op dieselfde manier nie? Ons vra, ons wag vir ’n…
11 Oct 30 min

Erediens - 01 November 2026 (DOOP: Ian Cloete)

PREDIKER: Jan Grobbelaar (NGK Prince Alfred's Hamlet) TEKS: Kolossense 2:6–15 DOOP: Ian Cloete (geb. 17 Feb. 2026) In die Ou Testament was die besnydenis die sigbare teken dat iemand aan God se verbondsvolk behoort het (Genesis 17). In Kolossense 2:11–12 verduidelik Paulus dat gelowiges nou die "besnydenis van Christus" ontvang…
1 Nov 18 min