Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

Loading player...
LUKAS 22

Jesus voor die Joodse Raad
(Matt. 26:59-66; Mark. 14:55-64; Joh. 18:19-24)
66Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring.
67Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.”
Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie; 68en al sou Ek vir julle 'n vraag stel, sal julle ook nie antwoord nie. 69Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.”
70Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?”
Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!”
71Daarop sê hulle: “Waarvoor het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos uit sy eie mond gehoor!”
4 Mar 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

HANDELINGE 9 Saulus se bekering (Vgl. Hand. 22:6-16; 26:12-18) 1Intussen het Saulus soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die…
20 May 2AM 12 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

ROMEINE 8 26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die…
17 May 3AM 20 min