Die Konstitusionele Hof het Maandag beslis bepalings van die Nasionale Gesondheidswet wat verband hou met die Sertifikaat van Behoefte, is ongrondwetlik. Dit sou staatsgoedkeuring vereis vir gesondheidsorgverskaffers om praktyke te open, uit te brei of te verskuif. Nellie Brand-Jonker, 'n sakejoernalis by Netwerk24, verduidelik wat dit beteken.
Die Griekwas en die Pumas sal mekaar vir ‘n derde agtereenvolgende seisoen in die SA Beker-finaal ontmoet na beide spanne hul halfeindronde gewen het. Die verdedigende kampioene, die Pumas, het die Cheetahs met 42-36 geklop in ‘n opwindende kragmeting in Mbombela. Die eindstryd vind Saterdag by die Suzuki-stadion in Kimberley…
Datacomb het gister sy hernude vennootskap met Penreach bekendgestel om die MTN digitale vaardighede vir digitale werkgeleenthede-program uit te rol. Ons gesels met die projekbestuurder, Richard Moyo, oor hierdie vlagskip-inisiatief wat werklose jongmense teiken wat reeds 'n IT-kwalifikasie het, maar gespesialiseerde opleiding en werkplekgereedheid benodig om die arbeidsmark te betree.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.