‘BKS is net nog ’n droogte’ – Bull van Rensburg

Loading player...
“Dit was sekerlik die swaarste tyd in my lewe. Ek het emosioneel deurgeloop,”
vertel Bull van Rensburg, ’n boer van Humansdorp, in die eerste episode van
seisoen 2 van die Bly Boer-reeks.
Nie net was die Oos-Kaapse melkboer se plaas van 1 Mei 2024
tot 6 Junie 2025 weens bek-en-klouseer onder kwarantyn nie, maar sy verliese
word geraam op sowat R7,5 miljoen. Vir maande lank het sy inkomste opgedroog.
In die episode gesels hy kaalvuis oor die totale magteloosheid wat hy gevoel het en sy keuse om ’n kopskuif te maak.
Landbou.com se potgooireeks Bly Boer wil boere inspireer om nie net aan te hou boer nie, maar om ook vreugde in hul dagtaak te vind. In elke episode verken ons nuwe manière om balans te vind sodat jy jou
roeping met passie kan uitleef.
Vir meer episodes besoek https://www.landbou.com/luister
20 Mar Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Ons sal hierdeur kom’ – DF Fyfer

DF Fyfer van Bhetjane Cattle Co is lank genoeg ’n boer om die sielkundige impak en stres van boerdery te verstaan. “Dit is nie net jou eie toekoms wat op die spel is nie, maar die nalatenskap van jou voorouers en die toekoms van jou kinders.”In die Bly Boer-onderhoud met…
3 Apr 21 min

‘Leer om ander te lei en motiveer’ – Francois Rossouw

Francois Rossouw, Toyota en AgriSA se Jongboer van die Jaar, moes al vele storms – letterlik en figuurlik – trotseer. As vierdegenerasie-tafeldruifboer op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei moes hy al vele storms trotseer. Haelstorms, oorstromings en selfs ’n wingerd wat drie keer herplant moes word, het sy veerkragtigheid getoets…
26 Mar 28 min

Landbouweekblad: Is BKS-vrye-status moontlik?

Dr. Gideon Brückner, is ’n wêreldbekende veearts wat al meer as 70 lande besoek het om te bepaal of dié lande hul BKS-vrye-status kon herwin, het hy aan Alani Janeke van Landbouweekblad vertel.
5 Feb 31 min

Klein begin, groot gewin – ’n Loxton-suksesverhaal

Wat as ’n eenvoudige guns begin het – 12 lamspasteie vir ’n vriendin se koffiewinkel – het gelei tot ’n inspirerende suksesverhaal wat gegroei het tot ’n onderneming wat 900 pasteie per dag maak. Nicolette van den Heever van Loxton gesels in hierdie Bly Boer-episode met dr. Johan Beukes oor…
27 Jan 25 min