
Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers
Loading player...
SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende gebare na omstanders wat hom teen die gevaar waarsku. Owerhede het hom by die hek beboet. ‘n Woordvoerder, Rey Thakhuli, sê nog ‘n man is gewaar waar hy naby Olifante buite sy voertuig rondloop en selfies neem.

