Wiele2Wiele gesels oor Kia en JMC se bakkies

Loading player...
Die hele motorindustrie is aan die gons oor die bekendstelling van die nuwe Kia Tasman-bakkie en Wiele2Wiele vertel jou meer oor hoe hierdie bakkie beslis sy man kan staan. JMC het sy Vigus-bakkie vir die media gewwys vóór die amptelike bekendstelling. Dit is dan tyd vir motorsportaksie met die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Tydrenkampioenskap, en hulle gesels met Mark Jones van The Citizen in sy Toyota Gazoo Racing SA GR Yaris.
16 Apr Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry drie nuwe motors

Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie uiteenlopende padtoetse: die Kia Seltos, die Volkswagen T7 Caravelle eHybrid en Leapmotor se B10.
13 Nov 26 min

Wiele2Wiele ry nuwe Audi Q5

Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle Audi se spliternuwe premium Q5-reeks en gaan ry met ’n geel AA-bakkie wat op gas loop. Hulle hoor hoe sake verloop het by die tydren in Dullstroom en kyk hoe van Suid-Afrika se motorfietsrenjaers hulle op die wêreldverhoog laat geld.
6 Nov 26 min

Wiele2Wiele ry Jetour X70 Plus

Vir hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met die laaste ronde van die Nasionale Tydrenkampioenskap, wat hierdie komende naweek in Dullstroom plaasvind. Vir die padtoets van die week neem hulle jou saam op ’n toetsrit met die Jetour X70 Plus.
29 Oct 27 min

Wiele2Wiele: Geely se Coolray onder loep

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele sluit Waldo van der Waal van kykNET se gewilde motorprogram La’t Wiel by die span aan om oor Geely se nuwe Coolray te gesels. Hulle vertel jou meer oor die nuwe Tesla Roadster en kyk ook na Discovery Insure se bestuurderbystandstelsel wat daarop…
22 Oct 23 min

Wiele2Wiele ry nuwe T-Roc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele klim hulle agter die stuur van Volkswagen se nuwe T-Roc in en word aangenaam verras deur dié gewilde sportnutsvoertuig. Daarna vat hulle jou terug in tyd met ‘n 1974 VW Kewer. Engen Xtreme deel waardevolle wenke, en jy kan op Cape Moto Co…
15 Oct 26 min