Woensdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
PSALMS 84
Hoe lief het ek u woning, Here
1Vir die koorleier: met musiek. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige!
3Ek versmag van verlange na die tempel van die Here;
met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.
4Selfs 'n mossie het 'n nes
en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies
daar by u altare, Here, Almagtige,
my Koning en my God!
5Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is:
hulle hou nie op om U te prys nie.
Sela
6Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind
en graag na u tempel toe gaan.
7Vir hulle gaan daar fonteine oop
wanneer hulle deur 'n dorre laagte trek
en die vroeë reëns sy seëninge bring.
8Keer op keer ontvang hulle nuwe krag
totdat hulle voor God in Sion verskyn.
9Here, almagtige God, hoor my gebed,
luister tog, God van Jakob!
Sela
10Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God;
hou u gesalfde onder u sorg.
11Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite.
Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God
as om te woon in huise sonder God.
12Die Here God is ons krag en ons beskerming,
die Here gee genade en eer,
Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.
13Here, Almagtige,
dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!
22 Apr 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

HANDELINGE 9 Saulus se bekering (Vgl. Hand. 22:6-16; 26:12-18) 1Intussen het Saulus soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die…
20 May 2AM 11 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

ROMEINE 8 26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die…
17 May 3AM 20 min