Bizskoops - 23 April 2026

Loading player...
Op hierdie week se Bizskoops:

Suid-Afrika se inflasie het effens gestyg, en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het 'n hupstoot vir groot dieselgebruikers ingestel.
Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise deel sy insig in die besluit van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) om Suid-Afrika se 2026 BBP-groeivoorspelling met sy April Wêreld Ekonomiese Vooruitsig te verlaag.
Professor Waldo Krugell besin oor die ekonomiese implikasies van die wapenstilstand tussen die VSA en Iran.
Apple het aangekondig dat John Ternus op 1 September as uitvoerende hoof sal oorneem en Liquid Intelligent Technologies het sy effekteverwante skuld aansienlik verminder.
Sally Palmer van die sakeleierskapsplatform, Maverix, deel insigte oor die bou van 'n energieke maatskappykultuur en wat in leierskap moet verander om winsgewendheid met genot te balanseer.
23 Apr Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 12 November 2026

Vandag op Bizskoops - Suid-Afrika se werkloosheidskoers het weer gestyg, en baie verbruikers het gemiddeld 65 persent van hul netto inkomste nodig vir die terugbetaling van skuld. Professor Waldo Krugell bespreek die verkiesing van verlede week en deel sy voorgestelde doenlys vir munisipaliteite. In internasionale besigheidsnuus verneem ons dat Nvidia…
12 Nov 10 min

Bizskoops - 29 Oktober 2026

In vandag se Bizskoops: Die Nasionale Tesourie het 'n langtermynplan om Suid-Afrika se brandstofheffings permanent te verwyder, terwyl Fitch Ratings verwag dat staatsskuld effens sal styg. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek lesse wat Suid-Afrika by Frankryk kan leer oor fiskale konsolidasie. In internasionale sake-nuus sal beleggers hierdie week resultate…
29 Oct 11 min

Bizskoops - 22 Oktober 2026

Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) het verlede maand effens gestyg tot vier-komma-vyf persent, terwyl die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verdere verlagings in brandstofheffings aangekondig het om die druk op Suid-Afrikaanse motoriste en besighede te verlig. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek China se ekonomiese groei en waarop hierdie groei…
22 Oct 9 min

Bizskoops - 15 Oktober 2026

Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsig vir 2026 verlaag, terwyl Tongaat Hulett van die Johannesburgse Aandelebeurs verwyder gaan word. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek belangrike ekonomiese verwikkelings en aanwysers van die afgelope paar weke, en ons begin ook 'n nuwe reeks saam met Pieter Wasserfall van…
15 Oct 10 min

Bizskoops - 8 Oktober 2026

Vandag op Bizskoops: Die Verenigde State het onderneem om sy vennootskap met Suid-Afrika op die gebied van mynbou te versterk, terwyl die Londen-gebaseerde geldoordragmaatskappy Wise voorbereidings tref om sy dienste in Suid-Afrika uit te brei. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek die rand, die mediumtermynbegroting en nog 'n brandstofprysverhoging. Wat…
8 Oct 9 min