Jacques Engelbrecht, leierskapsafrigter en prosesfasiliteerder wat sy werk baseer op neurowetenskap en menslike ontwikke

Loading player...
Jacques Engelbrecht, leierskapsafrigter en prosesfasiliteerder wat sy werk baseer op
neurowetenskap en menslike ontwikkeling gesels op 2 Mei op Kopskuif.

Sedert sy ontdekking van die Enneagram in 2012 is hy ’n toegewyde student van gedrag en motivering. Skakel in en kom luister hoe hy oor die Enneagram as persoonlikheidstipe-model gesels.

As mede-outeur van die transformerende boek, ‘Van Kettings tot Keuses’ vertel hy ook hoe hierdie boek as praktiese en storiegedrewe gids gebruik kan word.
2 May Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kopskuif met Edwina Solomons: Hoe Kreatiewe Afrikaans-onderrig Jongmense Bemagtig

In hierdie inspirerende episode van Kopskuif gesels Meursha Eksteen met Edwina Solomons oor haar passie vir Afrikaans-onderrig en die impak van kreatiewe leer in diverse klaskamers. Edwina deel hoe sy tegnologie, kultuur en meertaligheid gebruik om Afrikaans toeganklik en relevant te maak vir elke leerder. Die gesprek fokus op bemagtiging,…
16 May 36 min

7 soorte rus – meer as net slaa

In hierdie insiggewende gesprek op die program "Kopskuif" verduidelik arbeidsterapeute Elisa Duplessis en Melissa Skoeman (Mondia Corporate Care, Bloemfontein) dat rus veel meer is as net slaap. Hulle bespreek die 7 tipes rus volgens Dr. Saundra Dalton-Smith: fisiese, kognitiewe, sensoriese, kreatiewe, emosionele, sosiale en spirituele rus. Hulle wys dat jy…
9 May 48 min

Kopskuif: 4 April 2026

Carina van Wyk, stigter en eienaar van NetSavvy, gesels op 4 April op Kopskuif oor aanlyn veiligheid. Skakel in om praktiese raad en wenke te hoor oor hoe jy jouself aanlyn kan beskerm. Carina gesels oor die waarskuwingstekens waarna gebruikers moet oplet wanneer hulle aanlyn is, asook die belangrikheid van…
4 Apr 43 min

Kopskuif: 11 April 2026

Kopskuif met Mercia Eksteen | 11 April Dr. Kirsten du Toit, wat spesialiseer in kinderberading deur spel- en perdegesentreerde terapie, sluit by ons aan vir ’n insiggewende gesprek oor kinders se emosionele welstand. Luister saam terwyl sy die verskil tussen algemene angstigheid en skeidingsangs by kinders verduidelik, en praktiese, waardevolle…
11 Apr 39 min