Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

Loading player...
HANDELINGE 9
Saulus se bekering
(Vgl. Hand. 22:6-16; 26:12-18)
1Intussen het Saulus soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te neem en na Jerusalem toe te bring.
3Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. 4Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”

JONA 4
Het jy rede om kwaad te word?
1Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword. 2Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het.
3“Laat ek nou maar sterf, Here, want dit is vir my beter om te sterf as om te lewe.”
4Toe vra die Here vir hom: “Het jy rede om kwaad te word?”
20 May 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

ROMEINE 8 26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die…
17 May 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

HANDELINGE 7 55Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan. 56“Kyk,” het hy gesê, “ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God…
16 May 2AM 22 min