
Behoeftesertifikaat vir gesondheidsorgverskaffers ongrondwetlik verklaar
Loading player...
Die Konstitusionele Hof het Maandag beslis bepalings van die Nasionale Gesondheidswet wat verband hou met die Sertifikaat van Behoefte, is ongrondwetlik. Dit sou staatsgoedkeuring vereis vir gesondheidsorgverskaffers om praktyke te open, uit te brei of te verskuif. Nellie Brand-Jonker, 'n sakejoernalis by Netwerk24, verduidelik wat dit beteken.

