Bizskoops - 21 Mei 2026

Loading player...
Op hierdie week se Bizskoops: Ons gesels met doktor Elna Moolman, Groephoof van Suid-Afrikaanse Makro-ekonomiese Navorsing by Standard Bank, oor April-inflasie, wat tot 4% gestyg het, terwyl minister Gwede Mantashe Suid-Afrikaners verseker dat daar geen onmiddellike risiko van brandstoftekorte is nie. Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise ontleed kommer oor stygende werkloosheid, terwyl professor Waldo Krugell verduidelik wat hy van toekomstige rentekoersbesluite verwag. In internasionale sake-nuus beplan die VK-gebaseerde Standard Chartered om sy kantoorwerksmag met meer as 15% te verminder namate dit die gebruik van kunsmatige intelligensie en outomatisering uitbrei, terwyl Greencoat Renewables vanaf 28 Mei na 'n hoofnotering op die Johannesburgse Effektebeurs sal skuif. Ons gaan ook voort met ons gesprek met Pieter Wasserfall van JustMoney, wat meer praktiese wenke deel oor hoe huishoudings op maandelikse lewenskoste kan bespaar.
21 May Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 12 November 2026

Vandag op Bizskoops - Suid-Afrika se werkloosheidskoers het weer gestyg, en baie verbruikers het gemiddeld 65 persent van hul netto inkomste nodig vir die terugbetaling van skuld. Professor Waldo Krugell bespreek die verkiesing van verlede week en deel sy voorgestelde doenlys vir munisipaliteite. In internasionale besigheidsnuus verneem ons dat Nvidia…
12 Nov 10 min

Bizskoops - 29 Oktober 2026

In vandag se Bizskoops: Die Nasionale Tesourie het 'n langtermynplan om Suid-Afrika se brandstofheffings permanent te verwyder, terwyl Fitch Ratings verwag dat staatsskuld effens sal styg. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek lesse wat Suid-Afrika by Frankryk kan leer oor fiskale konsolidasie. In internasionale sake-nuus sal beleggers hierdie week resultate…
29 Oct 11 min

Bizskoops - 22 Oktober 2026

Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) het verlede maand effens gestyg tot vier-komma-vyf persent, terwyl die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verdere verlagings in brandstofheffings aangekondig het om die druk op Suid-Afrikaanse motoriste en besighede te verlig. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek China se ekonomiese groei en waarop hierdie groei…
22 Oct 9 min

Bizskoops - 15 Oktober 2026

Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsig vir 2026 verlaag, terwyl Tongaat Hulett van die Johannesburgse Aandelebeurs verwyder gaan word. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek belangrike ekonomiese verwikkelings en aanwysers van die afgelope paar weke, en ons begin ook 'n nuwe reeks saam met Pieter Wasserfall van…
15 Oct 10 min

Bizskoops - 8 Oktober 2026

Vandag op Bizskoops: Die Verenigde State het onderneem om sy vennootskap met Suid-Afrika op die gebied van mynbou te versterk, terwyl die Londen-gebaseerde geldoordragmaatskappy Wise voorbereidings tref om sy dienste in Suid-Afrika uit te brei. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek die rand, die mediumtermynbegroting en nog 'n brandstofprysverhoging. Wat…
8 Oct 9 min