Nuwe Christelike fiksie

Loading player...
Twee gerekende skrywers kuier in die ateljee om meer te vertel oor hulle nuutste Christelike fiksie romans.
Elize Parker vertel waarom Christene natuurbewaring ernstig behoort op te neem – soos die boodskap tereg oorgedra word in haar boek, Die eilandbruid se sluier. Sy deel ook ’n voorsmakie van haar volgende boek in die Orka-reeks.
Frenette van Wyk deel agtergrond oor haar historiese roman, Om weer te dans, en brei uit oor die rol wat parfuum en geurige olies in die Bybel se tyd gespeel het. Sy vertel ook waarom sy in God se ja vir haar lewe glo.
5 Jun Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Gebruik jou tyd reg

Die Here het aan ons almal dieselfde hoeveelheid ure in ’n dag gegee, en hoe jy daardie ure spandeer is belangrik. Solid Ground Park in Klerksdorp bied geleenthede om tyd saam met geliefdes, in gebed en aan Bybelstudie te spandeer. Madeleine gesels met die stigter, Louis Wiid, en deel ook…
13 Nov 28 min

Om hulp te ontvang

As Christene, word daar van ons verwag om hulp te verleen. Maar sê nou maar die bordjies word skielik verhang, en jy is die een wat ’n weldaad en barmhartigheid benodig? Waarom is dit soms vir ons so moeilik om hulp te aanvaar? Madeleine gesels met Anèle Jansen van Rensburg,…
6 Nov 28 min

Stap jou pad met geloof

Vir baie jare teken Ria Ludick groot geloofsgebeure in haar familie aan, en in 2011 besluit sy om alles in ’n boek saam te vat. Dit is egter eers nadat sy afgetree het in 2023, dat sy in volle erns begin skryf en haar boek Geloofspad, uiteindelik die lig sien…
30 Oct 27 min

Jou wierookoffer

Billy Graham het gesê dat ware gebed nie net iets is wat jy in noodgevalle gebruik nie, maar dat dit eerder ’n lewenswyse behoort te wees. Maak ’n gewoonte daarvan, en wanneer ’n noodgeval wel opduik, sal jy reeds in oefening wees om te bid. Soms het ons egter so…
23 Oct 28 min

Spesiaal geskape

Carla Cronjé en haar man het vier pragtige kinders, waarvan die jongste, Matthys, met Downsindroom en outisme gediagnoseer is. In haar onderhoud met Madeleine, deel Carla waarom Matthys spesiaal is, en watter groot geskenk die outisme-bystandhond, Farrel, vir Matthys en hulle as ’n gesin is. Madeleine kyk ook na wat…
16 Oct 29 min