Vrystaat Kunstefees 2026: Huis van Sand & Leefbaar

Loading player...
Yolanda Maartens gesels met Jefferson J. Dirks-Korkee oor sy 2 vertonings by die Vrystaat Kunstefees die jaar.

Huis van Sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul eie sandkasteel. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 verruil vir ’n nuwe begin by Rodney, die bottel gebêre om Babs groot te maak. Maar daarmee saam het groeipyne en erfsondes gekom. Babs probeer haar herinneringe afwas, maar die stofstorms van die verlede haal haar telkens in. Hul onthou neem die gehoor op ’n verbeeldingsvlug waar grense begin vervaag.
https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/huis-van-sand/

‘n Nuwe Afrikaanse toneelstuk deur Nico Scheepers ondersoek die brose grense tussen familie, geheue en oorlewing. Wanneer Stefan onverwags hoor dat sy ouers op pad is – ná jare se halfsinne en ontwykende kontak – word sy noukeurig gekonstrueerde lewe stilweg ontwrig. Dit is ’n skerpsinnige en herkenbare blik op erfenis … nie net van grond of besittings nie, maar van liefde, skuld en verwyt. Met fyn waarneming en donker humor ontbloot LEEFBAAR die Afrikaner se byna bonatuurlike vermoë om in stilte te oorleef.
https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/leefbaar/
11 Jun English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Experience Father Frans Claerhout’s famous art works this festive season in Bloem

Father Frans Claerhout's famous series, Christ and the other person, is currently on exhibition at Oliewenhuis Art Museum, a satellite of the National Museum, Bloemfontein, an agency of the Department of Sport, Art and Culture. Joining Yolanda Maartens in the OFM Art Beat is Education Officer Baitumetse Moloabi who explains…
13 Nov 4 min

From Kimberley to the world: Chepape Makgato represents the art of the William Humphrey’s Art Gallery internationaly

The William Humphrey’s Art Gallery in Kimberley’s Chief Curator, Chepape Makgato, recently presented at the LIAS Winter colloquium 2026/2027, in Luneberg, Germany! His focus was on the Reconfiguration, Recalibration and Redress of WHAG's Collection: Africa in Conversation with Europe exhibition, on permanent display in the Museum. Chepape continues his Artist…
13 Nov 6 min

Rooilug is ‘n moet-sien een-man vertoning wat terugkeer na Bloemfontein

Skrywer, teatermaker, regisseur en Bloemfonteiner Jefferson J. Dirks-Korkee sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om sy opwinding te deel oor sy produksie “Rooilug” wat van 24 November tot 3 Desember in die stad van rose op die verhoog sal wees. In samewerking met Flipping the Scripts, PENM…
12 Nov 4 min

UNITY IN COLOUR bring kuns, kleur en hoop na die Noordkaap

Deidre Vaarland is in murg en been ‘n Richie kind soos sy haarself beskryf en het besluit om haar talent en liefde vir kuns, met haar tuisdorp te deel. Deur die gemeenskap te betrek het hulle kleur en hoop met hul kuns na van die groot kaal mure van Richie…
10 Nov 4 min