Die Midde-Oosterse Krisis – Quo Vadis?

Loading player...
Onbeskryflik, ontstellend, onmenslik, kru en ontwrigtend. Dit is moeilik om die regte woorde of metafore te vind wat die huidige verwoesting in die Midde-Ooste werklik vasvang. Hoewel dit een van verskeie konfliksones in die wêreld is, lê hierdie streek ons as gelowiges, histories en teologies, baie na aan die hart. Jannie Pelser en gaste, Prof. Pieter Duvenage, Ds. Johan van der Merwe en Prof. Abel Esterhuyse kom gesels saam om hierdie krisis met absolute nugterheid maar ook met deernis te ontleed.
13 Jun Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Jongste Pastorale skrywe aan gemeentes

Jannie Pelser gesels vandag met Ds Jan Lubbe, moderator van die Algemene Sinode van die NGK, wat vertel oor die jongste Pastorale skrywe aan gemeentes
7 Nov 51 min

Riglyne uit die Woord en gebede

Jannie Pelser en gaste, dr. Isak Burger, Past. Bernard van der Vlies, Altus Venables en ds. Leendert Wijnja gesels oor riglyne uit die Woord en gebede met die oog op die ophande plaaslike munisipale verkiesing
24 Oct 50 min

Ds Wimpie Wasserman & Dr. Guillaume Smit

Jannie Pelser gesels vandag met Ds. Wimpie Wasserman oor sy nuwe werksomgewing, die aanpassing daarby en die uitdagings wat dit meebring. En dan ook met Dr. Guillaume Smit oor sy betrokkenheid by Hugenote Kollege, sy belangstellingsvelde en sy werk op die gebied van pastoraat
17 Oct 45 min

Hoor jy wat ek sê? Die Afrikanergesprek – van die ander kant gehoor

Die sogenaamde Afrikanergesprek kry tans baie aandag – in Suid-Afrika, maar toenemend ook internasionaal. Jannie Pelser en gaste, Rothney Tshaka, Hein Willemse en Prof Ntsikelelo Benjamin Breakfast draai vandag die kamera om en bespreek hoe hierdie gesprek aan die ander kant gehoor word.
10 Oct 59 min