ATKV kinderteater produksie: "B" is vir Boelies

Loading player...
Tiaan Kirsten-Lubbe, direkteur en uitvoerende vervaardiger van Scenario College – ’n tersiêre, SETA-geakkrediteerde instelling wat dramastudente oplei – gesels op 13 Junie op Kopskuif oor die ATKV se kinderteaterproduksie, ‘“B” is vir boelies’. Skakel in en kom luister hoe hierdie projek poog om bewustheid te skep, gesprekke aan te moedig en gemeenskappe toe te rus om aktief teen boeliegedrag op te tree. Tiaan gesels verder oor hoe kinderteater as medium ingewikkelde en soms sensitiewe temas vir jong gehore verstaanbaar maak, terwyl dit terselfdertyd verbeelding prikkel, empatie bevorder en belangrike lewensvaardighede op ’n speelse, veilige manier oordra.
Hierdie projek is ’n voorbeeld van die werk wat ATKV-takke doen om ruimtes te skep waar individue – en veral jongmense – kan groei, leer en hul plek in die samelewing met selfvertroue inneem.
13 Jun Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

Gracia Louw - digter, storieverteller, kunstenaar en spreker

Gracia Louw, digter, storieverteller, kunstenaar en spreker gesels vandag in Kopskuif. Kom luister hoe Gracia gesels oor haar betrokkenheid by ATKV-Crescendo as mentor en kunstenaar. Verder vertel sy meer oor die inisiatief ‘Bly Staan’ en die hoop wat dit in mense se lewens bring.
7 Nov 35 min

Johny Klein - van sy grootwordjare tot agter die mikrofoon

Kom luister hoe die bekende stemkunstenaar en akteur, Johny Klein, gesels oor hoe lief hy daarvoor is om voor die kameras te wees, op die verhoog te speel en agter die mikrofoon in te skuif. Johny vertel van sy grootwordjare in Groblershoop in die Noord-Kaap, sy eerste keer op die…
31 Oct 41 min

ATKV-takinisiatiewe en opleidingsgeleenthede

In vandag se episode van Kopskuif, gesels Jaco Spies, ATKV-streeksbestuurder van die Suid-Kaap. Jaco gesels oor hoe ATKV-taklede elke dag die hande, voete, oë, ore én gesig van die ATKV in hul gemeenskappe is. Hy vertel ook meer oor die ongelooflike werk wat die ATKV verrig op gebiede soos leesbevordering,…
24 Oct 37 min

Kyk met nuwe oë na die alledaagse lewe

Ilne Fourie, bekroonde skrywer, aktrise en stemkunstenaar gesels vandag in Kopskuif. Kom luister hoe Ilne gesels oor hoe haar werk verras, vermaak en gehore dikwels met nuwe oë na die alledaagse lewe laat kyk.
17 Oct 50 min

Oorbruggingsprogram vir studente

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, het vandag kom gesels op Kopskuif. Hy beskryf die 10-maande-oorbruggingsprogram as ’n onvergeetlike voorbereidingsjaar wat nie net studente help om hul leierskappotensiaal te ontdek nie, maar hulle ook toerus met die insig en vermoë om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom hul toekoms en loopbaanrigting te…
10 Oct 31 min