Pumas derde op Curriebeker-punteleer met twee rondes oor

Loading player...
Die Airlink Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met 'n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela. Die bonuspunt-oorwinning plaas die Pumas, met twee rondes oor, derde op die punteleer. Hulle is tans drie punte agter die Cheetahs en vier punte agter die verdedigende kampioene en voorlopers, die Griekwas. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê sy span se lynstane en verdediging was deurslaggewend.
18 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Jabberwock keer terug na Wêreldkampioenskappe

Die Jabberwock-span het onlangs aan die Wêreldkampioenskap in Adventure Racing deelgeneem in Corsica. Harry Wiltshire en Sara Archdeacon vertel vir die Middag Game Drive hoekom slegs nege uit die 100 spanne wat die resies begin het, dit kon voltooi.
12 Nov 14 min

Sluit aan by die polisie

Die polisie wil hê jy moet by hulle aansluit. Lt. Kol. Jabu Ndubane en kapt. Mduduzi Hlubi vertel hoe werk die aansoekproses.
11 Nov 7 min