
Kollig episode 68 | ‘Hoe gaan dit met die NG Kerk in 2026?’ - In gesprek met Maartje van der Westhuizen en ander
Loading player...
Een geleentheid waar ’n mens kan hoor hoe dit met die kerk gaan, is by sinodesittings. Oktobermaand het ’n “seisoen van sinodes” gehad met vier van die NG Kerk se nege streeksinodes wat saamgekom het. Kerkleiers en taakspanne was ook 28-30 Oktober in Gauteng byeen vir 2026 se laaste saamkoms van die Algemene Sinode Moderamen. In hierdie episode van Kollig vertel vier van die nuutverkose leiers wat hulle tydens hierdie saamkomste gehoor het. Dii Maartje van der Westhuizen, Tienie Swanepoel, Lizl-Louise Schoeman en Michelle van Tonder praat onder meer oor hoe goed hierdie vergaderings daarin slaag dat meer stemme gehoor word, die uitdaging wat kleiner gemeentes vir die kerk inhou en hoe belangrik verhoudings is as mense diepgaande van mekaar verskil.





