Dokter Dirk Duvenhage word uit die hospitaal ontslaan. Wat is sy toekomsplanne? Roger Smith staan op sy knieë voor Riana Roelofse om haar ʼn groot vraag te vra. Dirk en Klara is op die punt om ʼn nuwe hoofstuk in hulle lewens te vier toe die voordeurklok lui.
Veronica Steenkamp is op ʼn missie. Sy agtervolg van vroegdag af vir Margaret Jooste. Klara Korsten se eerste dag ná die begrafnis begin stil by haar huis. Dan verskyn Swys met sy waarskuwings oor haar afspraak met dokter Dirk. Is hy opreg bekommerd of net jaloers?
Wie is die monster van Maroelafontein? Hoekom is Matthys Jooste, Theo Potgieter, Jenny Pietersen en Bertram Jackson geskiet? En wie sit agter al sewe die morfienmoorde?
Klara Korsten en dokter Dirk Duvenhage sit hulle roosplaasgesprek voort, maar hulle word ontydig onderbreek. Waaroor gons die koffiekroeg op dié pragtige Saterdagoggend?
Die Plattelander se jongste uitgawe word vinnig op die dorp uitverkoop want dit bevat vuurwarm nuus. Die redakteur, Karel Hoogenhout, is duidelik op die oorlogspad. Dokter Arnold Korsten word begrawe en daar daag interessante mense by sy begrafnis op.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.