
#66 Plattelanders - Episode 66
Loading player...
Morfien wat verdwyn is ernstige sake. Dokter Dirk Duvenhage is raadop want sy voorraad klop nie met sy register nie. Hoe het dit gebeur en hoe verduidelik hy dit aan kaptein Swys Steenkamp van alle mense? Met al die verslaggewers op die dorp, voel die dorpenaars meer geborge. Die reeksmoordenaar sal tog nie so arrogant wees om met al die openbare aandag weer toe te slaan nie, of hoe?

