Bloemskou het vandag begin en daar is baie interessante uitstallings te sien. Een van die uitstallings is die Koi stalletjie in die plaaswerfsaal. Isabel van Tonder gesels met Charles Bastone oor sy Koi-stalletjie.
Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê die afgelope seisoen in die Noord-Kaap was hoogs uitsonderlik. Goeie winterreën het aanvanklik oor sommige noordelike dele uitgesak, gevolg deur ’n buitengewoon warm somer. Hy waarsku egter onsekerheid bestaan nog oor die langtermynvooruitsigte.
Chris van Beljon, stigter van die droogtehulporganisasie Bring Hoop, gesels met OFM se Elsabé Richard-May oor die uitdagings waarmee die organisasie tans te kampe het. Hulle bespreek ook hoe die publiek betrokke kan raak om boere in droogtegeteisterde gebiede te ondersteun.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.