Heuningfees is vertoonvenster vir byeboerdery

Loading player...
In Rustenburg is daar ʼn groep byeboere wat hulle nou beywer om die Stedelike Bye-gilde landswyd uit te brei. Die gilde se idee is om hulp en ondersteuning te bied aan kleinskaalse beginnerbyeboere en stadbewoners wat met heuning, byewas en propolis (bye-gom) wil boer. Hennie Oberholzer het met Maroela Media gesels oor die Stedelike Bye-gilde en die Heuningfees wat die gilde van 21 tot 28 November in die dorp aanbied. Hy het ook meer vertel oor die produksiepotensiaal van ʼn kleinskaalse byeboerdery in ʼn dorpgebied.
20 Nov 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Wat lê werklik agter ’n kind se gedrag?

’n Moeilike kind probeer soms iets sê wat hy of sy nie in woorde kan uitdruk nie. In die jongste episode van “SkoolSlim” kyk Lourindi Nel na trauma, gedrag en waarom veiligheid die grondslag vir leer vorm.
9 Nov 26 min

Cordelia wys hart vir country met nuwe album

Sy het ’n verskeidenheid genres in gedagte gehad terwyl sy geskryf het, en daar is ’n hele paar ballades en lekker “boot scoop”-countryliedjies waarop ’n mens kan dans.
3 Nov 7 min

‘Verlore seun’ Rudi Claase vind weer sy stem

Die afgelope vier jaar was die bekroonde liedjieskrywer en sanger Rudi Claase meer in die hospitaal as wat hy in die ateljee was, maar hy het onlangs teruggekeer na wat hy sy “hartsplek” noem.
2 Nov 8 min