ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

ABC van Ouerskap: C - Chiropraktisyn (Dr Sindi Ludik)

Vandag by ABC van Ouerskap fokus ons op die letter “C” – vir chiropraktisyn! Baie ouers wonder hoe chiropraktiese sorg swanger mamma’s, babas en kinders kan ondersteun. Ons gesels vandag met Dr Sindi Ludik van OrthoLifestyle oor die rol wat chiropraktisyns kan speel in gesinsgesondheid – van swangerskap tot tienerjare.
19 May 5AM 9 min