Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
180 – 200

DA soek aksie oor departementele ondersoeke

Die DA het kommer uitgespreek na 11 departemente verwysings vir ondersoeke ontvang het, maar geen vorderingsverslae by die Departement van Staatsdiens en Administrasie ingedien het oor stappe wat gedoen is nie. Drie van die departemente is nasionaal en agt is provinsiaal. Eleanore Bouw-Spies van die DA sê die grootste oortreders…
27 Mar 8AM 1 min

Skerp styging in brandstofprys

Die petrolprys styg met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter terwyl beide grade van diesel met 4 dollar liter styg. Die nuwe prys tree Woensdag, 1 April in werking. Die lynminister Modestus Amutse het pas die aankondiging gemaak.
27 Mar 7AM 1 min

Albanese kap terug na Trump teen Aussies uitvaar

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het herhaal dat die Verenigde State nie enige spesifieke versoeke gerig het vir militêre hulp in die Midde-Oosterse konflik nie. Trump het gister tydens ʼn kabinetsvergadering Australië uitgesonder omdat hy nie help om die Straat van Hormuz oop te hou nie. Sowat 20-persent van…
27 Mar 6AM 1 min

ECB neem oor as voorsitter van Afrika energie reguleerdersvereniging

Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië is pas verkies as die nuwe voorsitter van die Vereniging van Reguleerders van Energie- en Waterdienste van Afrika. Die organisasie se fokusareas sluit in regulatoriese raamwerke, infrastruktuurontwikkeling en streeksintegrasie. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die beheerraad, neem die rol van voorsitter oor:
27 Mar 6AM 1 min

Akkerbou-uitset styg, uitvoerwaardes daal

Volgens die jongste kwartaallikse landbou- en visserystatistiekbulletin het akkerbou-uitset in die laaste kwartaal van 2025 tot meer as 22 000 ton gestyg, vergeleke met net minder as 5 000 ton in 2024. Uitvoerwaardes het egter aansienlik gedaal, terwyl die land se invoerrekening hoog bly, hoewel laer as in 2024. Rosa…
27 Mar 6AM 1 min

Sankwasa sit sy voet neer op Rehoboth

Stedelike ontwikkelingminister James Sankwasa het 'n skerp assessering van die Rehoboth-stadsraad gelewer en 'n beroep gedoen op “moedige ingryping" om diepgewortelde bestuur en finansiële mislukkings aan te spreek. Sankwasa het tydens 'n stampvol vergadering by die Hermanus van Wyk-saal inwoners se kommer oor swak dienslewering, gebrek aan verantwoordbaarheid en beweerde…
27 Mar 6AM 1 min

NBC se geldsake: Similo sê volhoubaarheid sukkel

Die NBC word streng ondersoek deur die parlement se Openbare Rekeningekomitee nadat dit drie agtereenvolgende ongunstige ouditmenings van die ouditeur-generaal ontvang het. Wetgewers het die uitsaaier gekritiseer vir voortdurende finansiële verliese en misleidende finansiële state. Die uittredende direkteur-generaal Stanley Similo sê die aard van sy openbare diensmandaat maak finansiële volhoubaarheid…
27 Mar 6AM 1 min

Ekandjo verteenwoordig Namibië op Afrika Kreatiewe Raad

Afrika tree op om sy eie globale beeld te definieer. In ooreenstemming met Agenda 2063 het die Opportunity Africa-inisiatief 'n nuwe Kreatiewe Raad van stapel gestuur, wat toonaangewende stemme in media, kommunikasie en bemarking van reg oor die vasteland bymekaarbring. Die Pan-Afrikaanse platform is daarop gemik om outentieke Afrika-stories en…
27 Mar 4AM 1 min

Cosatu verwelkom onveranderde repokoers

Die vakverbond Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op 6,75-persent te laat, verwelkom. Die komitee sê hulle het inflasionêre risiko’s weens stygende oliepryse en geopolitieke onsekerheid te midde van die oorlog in die Midde-Ooste in ag geneem. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die…
27 Mar 4AM 1 min

SA se internasionale verhoudings is gegrond in nasionale belang

Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika se benadering tot internasionale verhoudings word deur sy nasionale belang bepaal, en dit is om sy mense se ontwikkeling deur ekonomiese groei te bevorder. Hy het gister sy ampsgenoot van China, Han Zheng, in Kaapstad ontvang. Mashatile sê Suid-Afrika bly daartoe verbind om seker te…
27 Mar 3AM 1 min

Trump herhaal dat Iran smeek vir ooreenkoms

Die Amerikaanse president Donald Trump het herhaal dat Iran smeek om 'n ooreenkoms te sluit en gesê hy los dit vir die Teheran-leiers om hom te oortuig om die oorlog te staak. Vroeër die week het Iran 'n Amerikaanse vredesplan van die hand gewys wat na bewering geëis het dat…
27 Mar 3AM 1 min

IOK: Vroueatlete moet toets vir Y-geen ondergaan

Die Internasionale Olimpiese Komitee het tot ʼn nuwe beleid ingestem wat beteken slegs biologiese vroue mag van 2028 af aan Olimpiese vroue-items deelneem. Dis in ooreenstemming met president Donald Trump van Amerika se uitvoerende bevel oor vrouesport in aanloop tot die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles. Die IOK-president, Kirsty…
27 Mar 3AM 1 min

SAPD het sistemiese korrupsie-krisis - Action Society

Action Society sê die korrupsiekrisis in die Suid-Afrikaanse Polisiediens dui op 'n dieper, sistemiese probleem eerder as geïsoleerde gevalle. Dit volg na berigte dat die nasionale kommissaris van Polisie, Fannie Masemola voor die hof gedaag is oor 'n polisiegesondheidsdienstender van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die organisasie waarsku gekompromitteerde verkryging ondermyn…
27 Mar 3AM 1 min

Lynminister sê oor baba wat by kerk gelos is

Die kinderwelsyn-ministerie het reageer op die saak van 'n moeder wat in hegtenis geneem is na sy haar pasgebore baba by 'n kerk in Omingwelume in die Ohangwena-streek gelos het. Diskoers oor die kwessie loop oop op sosiale media. Tydens 'n inligtingsessie deur die inligtingministerie het lynminister Emma Kantema-Goamas die…
27 Mar 2AM 1 min

SA se inflasieteiken van 3% bly haalbaar - SARB

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê Suid-Afrika se inflasieteiken van 3 persent bly haalbaar ten spyte van wêreldwye skokke, insluitend stygende olie- en kommoditeitspryse as gevolg van die konflik in die Midde-Ooste. Terwyl korttermyninflasie tot bo 4 persent kan styg, het Kganyago aan die media gesê verstandige…
27 Mar 2AM 1 min

Witkoff bevestig uiteindelik 15-punt-plan

President Donald Trump van Amerika se spesiale gesant in die Midde-Ooste, Steve Witkoff, erken hulle het ʼn 15-punt-aksielys aan Iran gestuur wat die raamwerk vorm van ʼn vredesooreenkoms. Dis deur die Pakistanse regering hanteer wat as bemiddelaar optree. Witkoff sê die raamwerk het tot dusver gelei tot sterk en positiewe…
27 Mar 1AM 1 min

Cyril sê G7 sage is onbelangrik

President Cyril Ramaphosa het Frankryk se besluit om Suid-Afrika se uitnodiging na die G7-beraad in Junie terug te trek as onbelangrik bestempel. Die president het die G7-vergaderings by verskeie geleenthede as gas van die gasheerland bygewoon. Na bewering het Frankryk die besluit geneem weens druk van die VSA, wat glo…
27 Mar 1AM 1 min

Ons onthou vir Clemens Kaupuuo

Clemens Kapuuo, opperhoof van die Ovaherero en 'n belangrike politieke leier teen apartheid wat die werklike vryheidstryd begin het, is op 27 Maart 1978 in Windhoek vermoor. Hy is op Paasmaandag om 6-uur die aand buite sy algemene handelaarswinkel in Katutura deur ongeïdentifiseerde mans doodgeskiet. Kosmos 94.1 Nuus het met…
27 Mar 1AM 1 min

Van 'n nederige begin tot by 'n Mexikaanse avontuur

Ultimate Safaris-gids Peter Nuugonya het onlangs na Baja California in Mexiko gereis vir 'n drie weke lange avontuur met Todos Santos Eco Adventures. Nuugonya, wat in 'n dorpie naby Ondangwa grootgeword het en op 'n jong ouderdom geleer het hoe om diere op te spoor, het die toekenning vir topgids…
27 Mar 12AM 1 min

Nekundi sat vir Chinese oorheersing in konstruksie, wil verkryging aanpas

Werkeminister Veikko Nekundi het kommer in die parlement uitgespreek oor die toenemende oorheersing van Chinese kontrakteurs in die konstruksiesektor. Hy waarsku dat sommige streng tendervereistes plaaslike maatskappye opsy skuif en selfs bekwame Namibiese kontrakteurs dwing om subkontrakteringsgeleenthede in hul eie land te soek. Hy sê die regering ondersoek moontlike veranderinge…
27 Mar 12AM 1 min
180 – 200