Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
200 – 220

'Politieke wil' nodig om arbeidswette te hervorm

Arbeidskenner Herbert Jauch ondersteun justisieminister Wise Immanuel se frustrasie oor die langdurige vertraging in die hervorming van arbeidswetgewing. Hy skryf die dooiepunt toe aan botsende belange tussen vakbonde en werkgewers binne die betrokke adviesraad. Jauch sê dit sal politieke wil van die minister verg om die proses aan die gang…
6 Nov 9AM 1 min

Cran Tech Challenge bied innoveerders altesaam N$150 000

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het die tweede Cran Tech Challenge bekendgestel, met ’n totale kontantpryspoel van 150 000 Namibiese dollar vir innoverende tegnologie-oplossings. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê die uitdaging gee aan innoveerders ’n geleentheid om hul talent en kreatiwiteit ten toon te stel, en oplossings vir werklike uitdagings te…
6 Nov 9AM 1 min

Geen dwelmkartelle in land, hoor NV

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu waarsku dat polisielede wat doelbewus dwelmhandelaars bystaan, inligting terughou of versuim om op te tree ondanks geloofwaardige bewyse, strafregtelike vervolging of dissiplinêre optrede in die gesig kan staar. In haar reaksie op vrae in die parlement oor dwelm-kartelle in die land, het Iipumbu gesê daar is…
6 Nov 8AM 1 min

Hegseth en Rubio bly in hul poste: Trump

Die Amerikaanse president, Donald Trump, is vasbeslote om die minister van Verdediging, Pete Hegseth, in sy kabinet te behou. Dit volg op berigte dat Hegseth en die Buitelandse Sake-minister, Marco Rubio, moontlik hul posisies gaan verlaat nadat die Republikeinse Party Dinsdag se middeltermynverkiesing verloor het. Trump en vise-president JD Vance…
6 Nov 8AM 1 min

DA-leier optimisties oor SA se toekoms

Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, is optimisties oor Suid-Afrika se toekoms en vra politieke leiers om hul verskille opsy te skuif en burgers eerste te stel. Die party staan op die punt om Kaapstad met 'n volkome meerderheid te regeer en is ook op koers om die grootste party te wees…
6 Nov 7AM 1 min

#FindingDorsland eer gestroopte renoster, wek bewustheid

’n Openbare bewaringsinisiatief, #FindingDorsland, word vandag in Windhoek van stapel gestuur ter ere van Dorsland, ’n woestynaangepaste swartrenoster-koei wat in die Kunene-streek gestroop is. Lewensgrootte klipbeelde van Dorsland en haar kalf sal in die hoofstad opgerig word om openbare bewustheid oor wildbewaring en gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder. Tristan Cowley, besturende direkteur…
6 Nov 7AM 1 min

Landbou-ministerie waarsku teen loslopende vee te midde van BKS-risiko

Die Ministerie van Landbou waarsku dat vee wat vrylik langs paaie rondloop, pogings om bek-en-klouseer te beheer, kan ondermyn. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê boere moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul vee, aangesien onbeheerde diere die opsporing van siektegevalle en die toepassing van beheermaatreëls bemoeilik. Hy beklemtoon dat boere…
6 Nov 5AM 1 min

Windhoek-taxibestuurders eis optrede teen onwettige operateurs

Taxibestuurders in Windhoek doen 'n beroep op wetstoepassers om op te tree teen onwettige taxi-operateurs wat passasiers by aangewese taxistaanplekke oplaai. Denis Taukondjele het met NBC News gepraat en sê dié praktyk benadeel geregistreerde bestuurders se inkomste en maak dit al moeiliker om 'n bestaan te maak.
6 Nov 5AM 1 min

Oliepryse styg te midde van spanning tussen VSA en Iran

Oliepryse het weer gestyg te midde van hernude spanning tussen die Verenigde State en Iran, wat kommer oor moontlike militêre eskalasie in die Midde-Ooste laat ontstaan. Brent-ruolie het vanoggend tot sowat 99 dollar per vat gestyg, nadat dit ná die Amerikaanse middeltermynverkiesing tot ongeveer 95 dollar gedaal het. Ekonoom Dawie…
6 Nov 5AM 1 min

Jeugorganisasie eis groter inspraak van outistiese mense in beleidmaking

Na visepresident Lucia Witbooi se oproep om stigma te beëindig tydens die Wêreld Outisme-organisasie se Kongres in Windhoek, sê die Namibiese Organisasie van Jeug met Gestremdhede dat die deelname van outistiese mense aan nasionale beleidmaking onvoldoende is of nie bestaan nie. Die organisasie se woordvoerder, Otto Gottlieb, sê dat ware…
6 Nov 4AM 1 min

NERSA registreer 144 hernubare energie-opwekkingsaanlegte

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het tydens die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar 144 aanlegte geregistreer vir die opwekking van hernubare energie. Die son- en windkragaanlegte het 'n gesamentlike totale vermoë van drie-duisend-129 megawatt, met 'n geraamde beleggingswaarde van 78,16-miljard-rand. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die aansoeke is binne…
6 Nov 4AM 1 min

Finale been van Nasionale Enduro-kampioenskap môre

Die laaste been van die Nasionale Enduro-kampioenskap vind môre by die Gallina-baan, noord van Windhoek, plaas. Sowat 40 ryers sal in agt klasse meeding. Enduro gaan nie bloot oor spoed nie, maar oor die vaardigheid om 'n motorfiets deur uitdagende en moeilike terrein te stuur. Kosmos 94.1 Nuus se Francois…
6 Nov 4AM 1 min

SA NATJOINTS sê 21 polities gemotiveerde moorde is in verkiesingstyd aangemeld

Die Suid Afrikaanse Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê 21 moordsake wat met politieke motiewe verband hou, is tydens die verkiesingstydperk geregistreer. Dit sluit in die moord op ʼn MK-partylid in KwaZulu-Natal, ʼn ANC-raadslid in die Oos-Kaap en ʼn EFF-lid in Polokwane, Limpopo. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê 85…
6 Nov 4AM 1 min

Haufiku: Lugambulans is net ’n tydelike oplossing vir gesondheidsuitdagings

Voormalige gesondheidminister Bernard Haufiku sê die nuwe staats-lugambulans is 'n tydelike oplossing wat nie gewone ambulanse kan vervang of medisynetekorte kan oplos nie. Hy sê dat langtermyn-gesondheidsdienslewering daarvan afhang dat distrikshospitale toegerus word met die nodige hulpmiddels en spesialiste om pasiënte plaaslik te behandel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus…
6 Nov 3AM 1 min

SA OVK: Vaslegging en verifikasie van verkiesingsuitslae vorder bestendig

Intussen sê die SA Verkiesingskommissie die vaslegging en verifikasie van die plaaslikeregerings-verkiesingsuitslae vorder bestendig regoor die land. Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die verifikasie- en gehalteversekerings-proses is daarop gemik om die akkuraatheid, deursigtigheid en integriteit van die uitslae te verseker voordat dit gefinaliseer word:
6 Nov 2AM 1 min

Demokratiese Kongres kan beleidsekerheid bring – Kudumo

Vir Suider-Afrika en ander lande kan ’n Demokraties-beheerde Amerikaanse Kongres groter voorspelbaarheid in Amerikaanse regeringsbesluite meebring. Dit is die mening van plaaslike ontleder Marius Kudumo. Hy wys op die onvoorspelbaarheid van die Trump-administrasie, veral oor handelstariewe, en sê die Demokrate se benadering kan groter sekerheid oor buitelandse beleidsbesluite bring.
6 Nov 2AM 1 min

StatsSA vind ’n jaarlikse afname van 5,2% in elektrisiteitsopwekking

Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsopwekking het in September met 5,2-persent afgeneem en seisoensaangepaste produksie het 'n geringe maandelikse toename van 0,4-persent getoon in vergelyking met Augustus. Elektrisiteitsverbruik het met 1,5-persent toegeneem vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag het elektrisiteitsverspreiding met 0,9-persent gedaal. Tsholofelo Ditinti van Statistiek Suid-Afrika…
6 Nov 2AM 1 min

NLU verwelkom BoN se finansiële verligting vir boere en landboubesighede

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, sê die organisasie verwelkom die Bank van Namibië se besluit om finansiële verligting aan boere en landboubesighede te bied wat deur bek-en-klouseer en moeilike klimaatstoestande geraak word. Kwalifiserende leners kan hul leningsterugbetalings met tussen een en 24 maande uitstel. Venter sê…
6 Nov 2AM 1 min

SA verwelkom ’n mylpaal-VN-resolusie oor omgewingsmisdaad en onwettige mynbou

Die Suid Afrikaanse minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê ’n mylpaal-resolusie van die Verenigde Nasies sal internasionale pogings versterk om omgewingsmisdaad te bekamp. Die resolusie, wat met die steun van Suid-Afrika ingedien is, sal lei tot die ontwikkeling van ’n internasionale protokol wat fokus op die…
6 Nov 1AM 1 min

Ierse vrywilligers ondersoek bekostigbare behuisingsprojekte in Hardap

Die Hardap-goewerneur, Riaan McNab, verwelkom 'n moontlike vennootskap met 'n Ierse vrywilligerspan om die behuisingstekort in Mariental en Kalkrand aan te spreek. Die span, onder leiding van Damian O’Kane van Build It Together, het met die goewerneur en plaaslike raadslede vergader om die moontlike bou van bekostigbare huise vir kwesbare…
6 Nov 1AM 1 min
200 – 220