Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
220 – 240

Wetstoepassers by waaksaam terwyl SA stem-verwerking voortgaan

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê wetstoepassingsagentskappe bly waaksaam terwyl die Verkiesingskommissie voortgaan met die tel, verwerking, verifikasie en vaslegging van die plaaslikeregeringsverkiesing se uitslae. Wetstoepassing volg tydens die verkiesing ʼn intelligensie-gedrewe benadering tot bedrywighede en gee veral aandag aan 331 stemlokale in KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Mpumalanga en Gauteng…
6 Nov 1AM 1 min

Oshana skenk 13 karavane aan polisie

Die goewerneur van Oshana, Hofni Iipinge, het 13 tweedehandse karavane wat voorheen ongebruik by die Oshakati-tussentydse staatshospitaal gestaan het, amptelik aan die streekspolisie oorhandig. Die karavane sal as kantoorruimte en tydelike polisiestasies dien in gebiede wat nie oor permanente polisiestasies beskik nie. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê…
6 Nov 1AM 1 min

Oranjemund mik na ekonomiese diversifikasie met Diamantfees

Oranjemund bied van 3 tot 5 Desember sy Diamantfees aan onder die tema van vennootskappe en nuwe geleenthede. Burgemeester Pankratius Kondjamba sê die diamantbedryf het sedert 1936 'n ekonomiese nalatenskap van meer as twee triljoen Namibiese dollar opgebou, wanneer diamante uitgesluit word.
5 Nov 11PM 1 min

Regshulpsentrum dring aan op hervorming van Ombudsman-wet

Die Regshulpsentrum doen 'n beroep op wetgewers om die voorgestelde wetgewing vir die herroeping en vervanging van die Wet op die Ombudsman te bespoedig, met die argument dat die hervormings die onafhanklikheid en doeltreffendheid van die kantoor kan versterk. Die wetsontwerp maak ook voorsiening daarvoor dat die adjunk-ombudsman as 'n…
5 Nov 11PM 1 min

Dangote-projek kan Namibië se brandstofvoorsiening versterk

Ekonoom Abraham Eita sê die land kan voordeel trek uit die voorgestelde Dangote-brandstofopbergings-projek by Walvisbaai, maar die grootste onmiddellike voordeel is groter brandstofvoorsiening-sekerheid as goedkoper pryse by die pomp. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die beplande opbergingskapasiteit die land kan help beskerm teen voorsiening-onderbrekings. Enige besparings op…
5 Nov 11PM 1 min

BKS: Namibië ondersoek moontlikhede om vleisuitvoer na SA en Zambië te hervat

Die heropening van uitvoermarkte is noodsaaklik om Namibië se vleisbedryf weer aan die gang te kry. Desmond Cloete van die Raad vir Lewende Hawe en Lewendehawe-produkte van Namibië sê Suid-Afrika bly 'n belangrike korttermynmark, terwyl Namibië ook na alternatiewe bestemmings kyk. 'n Besending vleis na Zambië word binnekort beplan.
5 Nov 11PM 1 min

Regering hoop op verslapping van BKS-beperkings voor feesseisoen

Volgens Shoombe sal dié tydperk diere die geleentheid gee om teenliggaampies te ontwikkel, wat die verspreiding van die virus en die uitskeiding daarvan onder vatbare diere kan beperk. Hy sê dit sal ook veeartsenykundige spanne meer vertroue gee in die toesig- en toetsprogram om te bevestig waar daar nie meer…
5 Nov 11PM 1 min

Regering hoop op verslapping van BKS-beperkings voor feesseisoen

Die regering hoop om sekere beperkings op die beweging van vee en vleisprodukte weens bek-en-klouseer moontlik voor die feesseisoen te verslap, mits inentings vinnig genoeg vorder en boere streng by die voorgeskrewe beheermaatreëls hou. Die Hoof Veterinêre Beampte in die Ministerie van Landbou, Water en Grondhervorming, dr. Kenneth Shoombe, sê…
5 Nov 11PM 1 min

VF Plus waarsku teen Koevoetbende se rooftogte

Die VF Plus is bekommerd oor 'n reeks huisrooftogte in Kaapstad se noordelike voorstede wat na bewering met 'n groep bekend as die Koevoetbende verbind word. Vier gewapende aanvallers met klapmusse en handskoene het in een voorval by 'n bejaarde egpaar in Aurora, Durbanville, ingebreek terwyl hulle geslaap het. Emre…
5 Nov 10PM 1 min

GIPF bied 2026 Pensioen- en Beleggingsimposium aan

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds bied sy 2026 Pensioen- en Beleggingsimposium op 11 en 12 November aan onder die tema "Beleggingsgereed: Posisionering van Namibië vir Institusionele Kapitaal". Die simposium het ten doel om konkrete institusionele standpunte oor die ontsluiting van ontwikkelingskapitaal te vestig, terwyl streng fidusiêre standaarde gehandhaaf word. Die fonds se…
5 Nov 10PM 1 min

IVP sal verkiesingsuitslae ontleed voor enige koalisie-praatjies

Die Inkatha Vryheidsparty sê hy teken tans gemengde uitslae aan en sal dit deeglik ontleed voor koalisiegesprekke oorweeg word. Die party se nasionale woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, het in die nasionale uitslagsentrum in Midrand, Gauteng, gesê die IVP het goeie vordering getoon in Umzumbe, waar die party reeds 15 uit die…
5 Nov 1PM 1 min

Nuwe lug-ambulans ' 'n kritiese prioriteit'

Voormalige gesondheidminister Richard Kamwi sê die bekendstelling van die land se eerste staatsbeheerde lug-ambulans vervul 'n kritieke prioriteit, waaraan meer as 'n dekade beplan is. Kamwi sê dat vir uitgestrekte, afgeleë streke soos Zambezi, wat 1 300 kilometer van verwysingspesialiste in Windhoek is, vinnige noodlugvervoer dien as 'n noodsaaklike plaasvervanger…
5 Nov 1PM 1 min

'Hinda Boy' gereed vir uitdaging vanaand in Sandton

Namibië se opkomende MMA-vegter Veja Hinda, beter bekend as “Hinda Boy”, is gereed vir een van die grootste uitdagings van sy loopbaan. Hy kom vanaand in die hoofgeveg van Extreme Fighting Championship 139 in Sandton teen Suid-Afrika se Godfrey “Feralspunky” Mkhwanazi te staan, wat ’n professionele rekord van ses oorwinnings…
5 Nov 9AM 1 min

Lede kan nou hul Orion-pensioene op WhatsApp monitor

Old Mutual Namibia het 'n WhatsApp-diens bekendgestel wat lede van die Orion Namibia Pensioen- en Voorsieningsfonds in staat stel om onmiddellik toegang tot hul voordeelstate te kry. Hoofbestuurder Monique Christiaan sê die hulpmiddel verwyder hindernisse en bemagtig lede om hul aftreespaargeld gerieflik dwarsdeur hul werkslewe te monitor.
5 Nov 9AM 1 min

August 26 help 'Gazza-firma' om militêre voertuie in te voer: Amupanda

AR-leier Job Amupanda beweer dat 'n maatskappy wat met die musikant Gazza verbind word, gekoppel word aan die aankoop van drie militêre voertuie, elk na bewering ter waarde van 18 miljoen Namibiese dollar. Amupanda beweer dat die voertuie uit Uganda verkry is deur middel van die staatsbeheerde verdedigingsmaatskappy, August 26…
5 Nov 9AM 1 min

Olieprys val skerp ná VSA-verkiesings

Brent ru-olie, die internasionale maatstaf, het Woensdag met sowat 9 persent gedaal, van net onder 105 Amerikaanse dollar per vat tot onder 94 dollar per vat. Dit het gevolg ná die Demokratiese party se oorweldigende oorwinning in die Amerikaanse middeltermyn-verkiesings, wat hoop laat opvlam het oor 'n de-eskalasie in die…
5 Nov 9AM 1 min

Wise waarsku nuwe raad, kommisie om te werk, of...

Arbeidsminister Wise Immanuel het nuwe lede van die Arbeidsadviesraad en die Kommissie vir Gelyke Indiensneming gewaarsku dat afwesigheid en ’n gebrek aan verantwoordbaarheid ernstige gevolge kan hê, insluitend ontslag. Hy het geykte verskonings en die stadige vordering met arbeidswetgewing-hervormings gekritiseer. Immanuel het die lede aangemoedig om te bedank indien hulle…
5 Nov 9AM 1 min

US$1,2 miljoen-projek wil Swakoprivierbekken herstel

Die Coca-Cola maatskapy, Global Water Challenge en die World Wildlife Fund het 1,22 miljoen Amerikaanse dollar bewillig om klimaatveerkragtigheid te versterk en die Swakoprivierbekken te herstel. Die //Gam-i Swakop-bekkenveerkragtigheidsprojek is vandag in Windhoek geloods en sal fokus op grondwateraanvulling, waterberging en die herstel van ekosisteme. Energieminister Modestus Amutse sê die…
5 Nov 8AM 1 min
220 – 240