Namibië het sy eerste staatsbeheerde lugambulansdiens amptelik in gebruik geneem – ’n belangrike stap om noodmediese dienste te versterk en pasiënte in afgeleë gebiede vinniger toegang tot gespesialiseerde sorg te gee. Die diens beskik oor ’n volledig toegeruste Learjet-lugambulans wat as ’n intensiewesorgeenheid in die lug funksioneer, asook helikopter-ontruimings-dienste vir…
Die Namibiese Toerismeraad waarsku die publiek en rolspelers in die toerismebedryf om nie sake te doen met operateurs wat nie aan die land se toerismeregulasies voldoen nie. Woordvoerder Flora Quest sê die waarskuwing volg op die identifisering van ondernemings wat sonder die nodige registrasie of nakoming van wetlike voorskrifte sake…
Die ministerie van binnelandse sake het ’n dringende openbare waarskuwing uitgereik teen swendelaars wat hulle as amptenare voordoen om burgers en buitelandse burgers te mislei. Woordvoerder Margaret Kalo waarsku dat die swendelaars vals beloftes maak om dokumente soos werkspermitte, burgerskap en ID’s vinniger te bekom in ruil vir betaling. Sy…
Die Suid-Afrikaanse Personeelvereniging vir die Motorbedryf sê die bedryf kan nie net van een uitvoermark afhanklik wees nie. Dit volg nadat Amerika besluit het om Suid-Afrika vanaf Januarie volgende jaar van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te verwyder. Phakamile Hlubi-Majola van die vakbond sê die bedryf is…
David Brown, uitvoerende hoof van August 26, sê die brandstofprys van 36 Namibiese dollar per liter waaroor Job Amupanda van die AR-beweging nou ‘n polemiek probeer ontketen, het uitsluitlik op Jet A-1-vliegtuigbrandstof betrekking, en nie petrol of diesel wat aan militêre basisse verskaf word nie. Amupanda beweer tussengangers melk die…
Die Springbok-skrumskakel Morné van den Berg is dankbaar vir die vertroue wat in hom gestel word, ondanks mededinging van spelers soos Cobus Reinach en Grant Williams. Die 29-jarige, wat ses drieë in slegs tien toetse gedruk het, sal Sacha Feinberg-Mngomezulu se skakelmaat wees in Saterdag se Nasieskampioenskaps-kragmeting met Italië in…
Ná Dinsdag se Amerikaanse middeltermynverkiesings het die Demokrate beheer oor beide die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat oorgeneem, nadat hulle deurslaggewende swaaistate gewen en tradisionele Republikeinse vestings verower het. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah merk op dat die Demokratiese oorwinning eerder die publiek se frustrasie oor inflasie en buitelandse beleid…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah wil hê dat strategiese nasionale projekte onder die direkte toesig van haar kantoor geplaas word om die implementering daarvan te bespoedig. Tydens die bekendstelling van die Dangote-Namibië-tenkplaas- en streekpyplynprojek by Plaas 58 buite Walvisbaai, het sy gewaarsku burokratiese vertragings laat die land kosbare beleggingsgeleenthede verloor. Sy sê…
Die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Handel het 13 voertuie aangekoop om besoekende buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs te vervoer. Adjunkminister Jenelly Matundu het die besteding tydens die 2026/27-middeljaarbegrotingsoorsig verdedig en gewys op toenemende operasionele druk op Namibië se buitelandse missies weens stygende inflasie en wêreldwye koste. Sy het ook verwys na Amerikaanse…
Petrofund het, in vennootskap met TotalEnergies Namibia, die opening van aansoeke vir die 2027-beursprogram vir breëgebaseerde bemagtiging aangekondig. Die inisiatief sal ten volle befondsde tersiêre onderwysgeleenthede bied aan Namibiërs wat kwalifiseer en studies in sektore buite die olie- en gasbedryf wil volg – insluitend onderwys, gesondheid, ekonomiese bemagtiging, biodiversiteit en…
Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê onderhandelings oor 'n handelsooreenkoms met Amerika vorder, maar nog werk lê voor. Albei lande het invoertariewe op meer as 331 miljard rand se uitvoere verhoog nadat onderhandelings in Augustus in duie gestort het. Amerika het die invoer verbied van sekere Kanadese produkte, insluitend…
Die Namibiese Inkomste-agentskap ondersoek Russiese hommeltuig- en kunsmatige intelligensie-tegnologie om grensbeheer te verbeter en die koste van voertuigpatrollies te verminder. Dit volg ná die ondertekening van 'n doeane-samewerkingsooreenkoms tussen Namibië en Rusland in Moskou. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê die samewerking sluit gespesialiseerde opleiding vir Namibiese doeanebeamptes by Rusland se Doeane-akademie…
Namibië se stryd teen bek-en-klouseer rol voort, met skenkings aan die Bek-en-Klouseerondersteuningsfonds wat teen vanoggend 16,1 miljoen Namibiese dollar beloop het. Onder die bydraers is die mynmaatskappy B2Gold, wat 1,6 miljoen dollar geskenk het vir pogings om die uitbreking in te perk en boere wat geraak is, te ondersteun. John…
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, is bemoedig deur die groot getalle Suid-Afrikaners wat vandag aan die munisipale verkiesing deelneem. Hy het gepraat nadat hy in Hydepark in Johannesburg gestem het. Ramaphosa beskryf die opkoms as 'n geskiedkundige oomblik. Hy erken munisipaliteite worstel met groot uitdagings, maar is vol vertroue dienslewering sal…
Die Nigeriese sakeman Aliko Dangote sê sy beplande brandstofbergingsprojek in Walvisbaai sal werksgeleenthede skep en Namibië se ekonomie help transformeer. Die projek behels 'n bergingsfasiliteit met 'n kapasiteit van minstens 1,6 miljoen vate petrol en diesel, asook 'n 16 kilometer lange pyplyn wat die fasiliteit met die brandstofhawe sal verbind…
Die vakverbond SAFTU vra ʼn alternatiewe ekonomiese program wat fokus op dringende nywerheids- en streeks-ontwikkeling, en werkskepping. Hy sê Suid-Afrika moet sy vervaardigingsvermoë herbou, plaaslike voorsieningskettings versterk en afhanklikheid van klaar-vervaardigde ingevoerde produkte verminder. SAFTU se woordvoerder, Asive Dyani, sê hulle vra ook die uitbreiding van die land se handelsbetrekkinge…
Die Regstellende Herposisioneringsbeweging-LP George Kambala waarsku teen die voorgestelde algemene 2 persent besnoeiings onder die 2026/27-begrotingswysigingswetsontwerp. Hy voer aan dat algemene besnoeiings noodsaaklike gesondheidsklinieke en operasionele spysenieringsrekeninge as gelyke prioriteite behandel. Hy dring daarop aan dat die regering openbare dienste en plaaslike kontrakteurs beskerm deur eerder luukse reise, daaglikse toelaes,…
Planne om toestande vir informele handelaars in Windhoek te verbeter, neem vorm aan. Stad Windhoek verwag om infrastruktuurvoorbereidings by die Chinatown-mark gedurende November te voltooi. Die projek, wat na raming N$1,8 miljoen sal kos, sal plek bied aan ongeveer 80 handelaars. Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo het die inisiatief verwelkom en sê…
Die geveg teen bek-en-klouseer is steeds volstoom aan die gang. Nog 865 beeste is die afgelope sewe dae in die ||Kharas-streek teen die siekte ingeënt, wat die totale aantal inentings tot dusver op 8 267 te staan bring. Die inentings vorm deel van die verpligte maatreëls om die uitbreking te…
4 Nov 5AM
1 min
260 – 280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.