Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
280 – 300

Fuel prices vary significantly between Namibian towns

Fuel prices have increased sharply across Namibia from today, but how much motorists pay depends largely on where they fill up. The biggest price difference is between towns in the south, where fuel is the most expensive, and Walvis Bay, where motorists pay the lowest prices. Energy Minister Modestus Amutse…
4 Nov 4AM 1 min

Koning Charles noem transatlantiese slawehandel ’n “afgryslike onreg” 

Koning Charles beskryf die transatlantiese slawehandel as ʼn “skandelike hoofstuk in die geskiedenis en ʼn afgryslike onreg”. Die Britse regering het nooit ʼn amptelike verskoning uitgereik vir sy rol in transatlantiese slawehandel of vergoeding aangebied nie. Hy het gister by die vergadering van Statebond-staatshoofde in Antigua en Barbuda gepraat. Koning…
4 Nov 3AM 1 min

Brandstofprysverskille: Suide betaal N$1,10 meer per liter as Walvisbaai 

Brandstofpryse het van vandag af skerp gestyg, maar hoeveel motoriste betaal, hang grootliks af van waar hulle in die land brandstof ingooi. Petrol is tussen N$2 en N$2,07 per liter duurder, terwyl diesel met 50 dpm tussen N$3 en N$3,07 per liter gestyg het. Die grootste prysverskil is tussen die suidelike…
4 Nov 3AM 1 min

Trump sê Amerika gaan vanjaar militêre hulp aan Israel staak

Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika gaan teen die einde van die jaar hulp van ongeveer 66,88-miljard-rand per jaar aan Israel staak. Amerika verskaf volgens ʼn memorandum van verstandhouding militêre hulp aan Israel. Die tienjaar-ooreenkoms het in 2018 begin en verstryk in 2028. Volgens ʼn meningspeiling deur die Quinnipiac University…
4 Nov 3AM 1 min

Roadwatch: Motoriste ry sonder nodige dokumente

Dit blyk dat heelwat Windhoek-motoriste steeds daagliks die pad aandurf sonder geldige bestuurslisensies en ander vereiste dokumente. Francois Lottering doen verslag oor vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch:
4 Nov 3AM 1 min

VSA: Demokrate wen Senaat en Huis van Verteenwoordigers

Die Demokrate het ʼn meerderheid gekry in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en die Senaat, en die Republikeine se greep op Washington verbreek. In Texas is James Talarico die eerste Demokraat sedert 1988 wat ʼn setel in die Senaat wen terwyl Adam Hamilton die eerste Demokraat in byna 100 jaar…
4 Nov 2AM 1 min

NEHAWU is bekommerd oor Suid-Afrika se ekonomiese beleide

NEHAWU se nasionale uitvoerende komitee het kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se huidige makro-ekonomiese beleidsraamwerk, en sê dit lewer nie volhoubare ekonomiese groei, belegging en ordentlike werk nie. Volgens die Nasionale Tesourie sal die raamwerk werkgeleenthede, beter uitvoerprestasie, meer beleggings, groter doeltreffendheid en billikheid in staatsbesteding, asook verbeterde ontwikkeling van menslike…
4 Nov 2AM 1 min

OVK-hoof bekommerd oor pogings om SA verkiesingsproses te ondermyn

Die uitvoerende hoof van die SA Verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, sê toenemende pogings om die integriteit van die plaaslikeregeringsverkiesing te ondermyn, is 'n bron van kommer. Mamabolo het gewaarsku teen die verspreiding van waninligting en inhoud wat deur kunsmatige intelligensie op sosiale media gegenereer is, en doen 'n beroep op kiesers…
4 Nov 1AM 1 min

Kabinet keur nasionale etiek- en teenkorrupsiebeleid goed

Die Kabinet het die konsep-Nasionale Etiek- en Teen-korrupsiebeleid goedgekeur, met die doel om korrupsie deur groter deursigtigheid, aanspreeklikheid en etiese optrede in alle sektore van die samelewing te bekamp. Alle staatsministeries, kantore en agentskappe moet nou die beleid se doelwitte en voorgestelde maatreëls in hul strategiese en jaarlikse planne inkorporeer…
4 Nov 1AM 1 min

Moya: Bronkhorstspruit-waterkrisis se aanspreeklikheid strek wyer

Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya sê volgens die voorlopige verslag is daar ernstige tekortkominge in die bestuurder van die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg se uitvoering van sy pligte. Verlede maand is meer as 800 gevalle van maagdermsiekte aangemeld nadat die metro versuim het om die aanleg se water met chloor te behandel. Moya sê aanspreeklikheid…
4 Nov 12AM 1 min

Amupanda bevraagteken begrotingstoewysings

Die parlementêre debat oor die middeltermyn-begrotingshersiening duur voort, waar politieke partye vrae stel en hul standpunte daaroor uiteensit. Die AR-leier Job Amupanda het in 'n toespraak sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as begrotingstoewysings waarvoor daar nie behoorlike regverdiging is nie.
4 Nov 12AM 1 min

Capricorn Eagles mik op Victoria-reeks in Uganda ná intensiewe voorbereiding

Die Capricorn Eagles is op pad na Uganda, waar hulle van 6 tot 14 November aan die Victoria-reeks deelneem. Kaptein Suné Wittmann sê die span het ná die onlangse viernasiesreeks in Namibië intensief aan hul fiksheid, krag en kondisionering gewerk, asook hul vaardighede opgeskerp. Namibië pak die gasheer Uganda in…
4 Nov 12AM 1 min

Internasionale oefening toets wêreld se vermoë om kerntoetse op te spoor

Namibië is die gasheer vir ’n internasionale kerntoets-verifikasie-oefening wat die wêreld se vermoë om moontlike kernwapentoetse op te spoor en te ondersoek, op die proef stel. Die oefening, wat deur die Omvattende Kernontoetsverbodverdragsorganisasie, die CTBTO, bestuur word, vind tot 20 November in die Erongo-streek plaas. Sowat 250 deelnemers van regoor…
4 Nov 12AM 1 min

SA Minister van Polisie stel die publiek gerus oor veiligheid tydens verkiesing

Die SA polisie het kiesers verseker veiligheidsmaatreëls is ingestel terwyl Suid-Afrikaners vandag na die stembus gaan vir die plaaslikeregeringsverkiesing. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ná sy besoek aan die OVK se uitslagsentrum in Midrand, gesê die polisie werk saam met die OVK om 'n veilige en vreedsame…
3 Nov 11PM 1 min

Dalende damvlakke wek kommer oor watersekerheid in die Suide

Die Hardap-besproeiingskema maak gereed vir sy koringoes, maar dalende watervlakke by sommige van die suidelike damme laat kommer ontstaan oor die streek se watersekerheid. Die gesamentlike bronne van die land se ses suidelike damme het in slegs een week met 5,74 miljoen kubieke meter gedaal, met die Hardapdam wat die…
3 Nov 11PM 1 min

Cimbebasia se 104 nuwe erwe wek vrae oor bekostigbaarheid en behuisingskrisis

Die aktivis Shaun Gariseb het vrae oor die impak van Stad Windhoek se goedkeuring van Cimbebasia Uitbreiding 10, en waarsku dat 104 nuwe residensiële erwe skaars 'n duik in die hoofstad se massiewe behuisingsagterstand sal maak. Hy sê dat met ongeveer 24 000 mense op die munisipaliteit se waglys wat…
3 Nov 11PM 1 min

SA-verkiesing kan tot verskeie koalisies en ANC-magsverliese lei

Suid-Afrika se plaaslike regering-verkiesings vind vandag plaas, en ontleders en meningspeilers verwag dat dit op heelwat koalisies sal uitloop, veral in metropolitaanse gebiede waar hewige kompetisie verwag word. Die politieke ontleder professor André Duvenhage sê dat die ANC waarskynlik mag sal verloor, wat verreikende gevolge vir die regering van nasionale…
3 Nov 10PM 1 min

Landbouministerie gee vandag BKS-opdatering

Die landbouministerie sal vandag ’n opdatering verskaf oor die situasie rakende bek-en-klouseer en pogings om die siekte in te perk, met ’n spesifieke fokus op die Kharas- en Zambezi-streke. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het bevestig dat slegs gepasteuriseerde melk en suiwelprodukte vervoer mag word suid van die Rooilyn,…
3 Nov 10PM 1 min

Gauteng polisie hou 119 hoërisiko-stemlokale dop

Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het bevestig dat 119 stemlokale in die provinsie as hoërisiko geïdentifiseer is voor môre se verkiesing. Hy het het in Mayfair gesê 371 van die provinsie se 2 836 stemlokale, is as mediumrisiko geklassifiseer, terwyl 2 336 as laerisiko beskou word. Hy sê die ontplooiing…
3 Nov 10AM 1 min
280 – 300