AfriForum dring aan op antwoorde van die polisie oor voortdurende tekortkominge in die 10111-noodoproepsentrumstelsel. Die organisasie het ’n formele versoek om inligting ingedien waarin besonderhede gevra word oor oproepe wat onbeantwoord gebly het, personeeltekorte en verouderde tegnologie. Syfers wat voorheen deur die polisie vrygestel is, toon ongeveer 14,9-miljoen noodoproepe het…
Binance, die wêreld se grootste kripto-beurs, is besig met ʼn reuse-opknapping van sy sekuriteit nadat kuberkrakers by sy digitale beursies ingebreek en sowat 104,77-miljard-rand gesteel het. Dit word beskryf as die grootste diefstal in die geskiedenis. Volgens ʼn aanvanklike ondersoek het die diewe deur ʼn ingenieur se skootrekenaar toegang tot…
Die Copps 94.1-span het Vrydagaand in Windhoek hul hande volgehad na 'n bendegeveg in 'n bekende straat in Katutura losgebars het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as…
Die Europese Unie-afvaardiging in Namibië het Nanso vrygespreek van bewerings dat Erasmus+-fondse misbruik is. Die Europese Uitvoerende Agentskap vir Onderwys en Kultuur het sy ondersoek afgehandel en geen bewyse gevind van die misbruik van fondse wat kragtens die SHINE-projek toegeken is nie. Ian Dupont, die EU se waarnemende hoof van…
Boere en landbou-ondernemings wat deur bek-en-klouseer en El Niño geraak word, kan aansienlike finansiële verligting ontvang ingevolge ’n nuwe bepaling van die Bank van Namibië. Die sentrale bank se adjunkpresident, Leonie Dunn, sê BID-42 vereis dat kommersiële banke ’n moratorium van tussen een en 24 maande op leningsterugbetalings aan kwalifiserende…
Die bosbouministerie het 'n tradisionele saadbeurs-geleentheid by die Sharukwe Gemeenskapsaadbank in Kavango-Wes aangebied om inheemse gewasse te bewaar en voedselsekerheid teen klimaatsverandering te versterk. Die adjunkdirekteur van bosbou, Esmerialda Klaassen, sê dat die saadbank wat in 2023 gestig is, die gemeenskap gehelp het om verbeterde opbrengste in 2025 te verseker…
Meatco het 'n daling van byna 20 persent in produsentepryse aangekondig vir boere wat beeste vir verslagting lewer. Dit volg op die sluiting van uitvoermarkte weens die bek-en-klouseer uitbreking. Ingevolge die ooreenkoms vir die lewering van beeste, het die prys vir graad AB 5- tot 6-beeste – met 'n koue…
AfriForum vra Eskom om verligting op kragtariewe te bied nadat die kragvoorsiener 'n wins van 30-miljard Suid-Afrikaanse rand in die vorige boekjaar aangeteken het. Die organisasie het voor Eskom se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg betoog en 'n spaarvarkie en versoekskrif oorhandig waarin antwoorde geëis word oor stygende elektrisiteitskoste, bestuursbonusse en…
Bank Windhoek vra dat boere en produsente wat kontantvloeiprobleme ondervind weens bek-en-klouseer beperkings, hulle plaaslike takbestuurders moet nader. Die bank se besturende direkteur, James Chapman, het verwys na die bank se byna 150 miljoen Namibiese dollar in onlangse volhoubaarheids-uitbetalings, en bydraes tot die bek-en-klouseer-ondersteuningsfonds by die 2026 Bank Windhoek Landboureeks…
Veertien kleinsakeondernemings, wat al 14 streke verteenwoordig, deel in toekenningsfinansiering van 1,1 miljoen Namibiese dollar ná die eerste "SME Fund Chelete Cage Pitch"-geleentheid in Windhoek. Catherine Shipushu, uitvoerende beampte vir mededingendheid en handelsmerkvestiging by die Namibiese Beleggingsbevordering- en -ontwikkelingsraad, sê die befondsing volg op 'n landwye oproep wat byna 900…
Amerika se visepresident, JD Vance, glo president Donald Trump se administrasie sal sy doelwitte in Iran bereik. Volgens ʼn nuwe beraming deur Amerika se Sentrale Bevel het die oorlog, wat op 28 Februarie uitgebreek het, die land teen middel hierdie maand minstens 782,46-miljard Namibiese dollar gekos. Trump sê tensy Iran…
Die EFF het 'n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hulle toegang versoek tot hofrekords in 'n bedrogsaak van 12-miljoen-rand, waarby twee voormalige beamptes van die Staatsveiligheidsagentskap betrokke is. Dit volg na bewerings dat die agentskap 'n geheime staatsintelligensie-operasie befonds het om inligting te verkry oor die…
Senior mediese beampte by die Khorixas-distrikshospitaal, Ruusa Nangolo, waarsku dat ’n tekort aan hulpbronne en lang reisafstande moeder- en kindergesondheidsdienste in afgeleë gebiede bedreig. Sy sê gemeenskapsgesondheidswerkers moet soms tot 10 kilometer oor swak paaie loop om verspreide plase te bereik. Nangolo het tydens ’n besoek van UNICEF se streekdirekteur,…
Die ministerie van hoër onderwys het alle tersiêre instellings opdrag gegee om studente wat op NSFAF-befondsing wag, nie weens uitstaande fooie te weerhou om hul eksamens af te lê nie. Die voorsitter van die Studente-unie van Namibië, Bernard Kavau, het die besluit verwelkom en bevestig dat gesprekke ook aan die…
LPM-leier Bernadus Swartbooi het die regering se ekonomiese rekord oor die afgelope 36 jaar skerp gekritiseer. Hy sê armoede, werkloosheid, honger en finansiële druk neem toe. Swartbooi het in die Parlement gesê meer as 60 persent van Namibiërs verdien minder as 2 000 dollar per maand, terwyl mikrolenings tot sowat…
Bank Windhoek se besturende direkteur, James Chapman, waarsku dat bek-en-klouseer nie net boere raak nie, maar die lewensbestaan van sowat 70 persent van Namibiërs wat deur landbou ondersteun word, bedreig. Hy sê gestaakte veeveilings plaas kontantvloei onder druk en raak ook streekdorpe. Chapman het by die 2026 Bank Windhoek Landboureeks…
Die Bank van Namibië stel beleidsveranderinge in om finansiële druk op boere en landboubesighede wat deur bek-en-klouseer en El Niño-verwante droogte geraak word, te verlig. Adjunk-goewerneur Leonie Dunn het die maatreëls vanoggend aangekondig, wat banke groter buigsaamheid gee om sukkelende landbouleners by te staan.
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het Durban aangewys as voorkeur-gasheerstad vir sy bod om die Olimpiese en Paralimpiese Spele in 2036 of 2040 aan te bied. Die kabinet het die bod goedgekeur. Johannesburg en Kaapstad is ook as moontlike kandidaat-stede oorweeg. Sewe lande het belangstelling uitgespreek om 2036 se…
30 Oct 5AM
1 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.