Maroela Media Briekaandraai

Briekaandraai

Wat gebeur wanneer ʼn gevestigde koerant op ʼn plattelandse dorpie skielik moet meeding met ʼn varser, jonger radiostasie wat elke keer die nuus eerste aan die gemeenskap bied? En as die koerantredakteur boonop ʼn stoere chauvinis is wat glad nie hou van die wedywering tussen sy plaaslike koerant en die radiostasie nie?

Dít is die opwindende en aktuele storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal, Briekaandraai, geskryf deur Leon van Nierop en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
100 – 120

Briekaandraai - Episode 101

Slaptjip en tannie Dottie is geskok oor die ongeluk wat voor Kolwyntjie gebeur het. Maar wanneer Wessel opdaag, raak die drama en geheime net groter.
Season 1 / Episode 101 8 min

Briekaandraai - Episode 102

Wolfgang lê in die hospitaal en Corlia gaan besoek hom. Dis ’n besoek wat nie een van hulle twee ooit sal vergeet nie.
Season 1 / Episode 102 9 min

Briekaandraai - Episode 103

Dottie en Elfra ondersoek die plek waar Wolfgang ’n ongeluk gehad het. Dan breek Elfra skokkende nuus oor Wolfgang aan Otto.
Season 1 / Episode 103 8 min

Briekaandraai - Episode 104

Slaptjip se waentjie, Loslootjie, wil nie vat nie, maar gelukkig is Wessel daar om te help. Dan maak Wessel nuus aan Wolfgang bekend wat die duiwel laat losbars.
Season 1 / Episode 104 8 min

Briekaandraai - Episode 105

Corlia werk kliphard aan die belangrikste storie van haar lewe met dramatiese gevolge.
Season 1 / Episode 105 8 min

Briekaandraai - Episode 107

Dottie en Melissa skinder oor die nuwe omroeper Lana Visser wanneer sy onverwags instap en hulle meer hoor as wat hulle verwag het…
Season 1 / Episode 107 8 min

Briekaandraai - Episode 108

Otto maak Elfra ‘n aanbod. En Elfra en Lana doen stemopnames naby Corlia se motorwrak.
Season 1 / Episode 108 8 min

Briekaandraai - Episode 109

Wessel hoor hoe dit met Phoebe en Slaptjip se hartsake gaan. Wanneer Wessel Wolfgang se redigeer-sessie onderbreek, bars die duiwel los.
Season 1 / Episode 109 8 min

Briekaandraai - Episode 110

Tannie Dottie kry ‘n reuse verrassing wanneer sy Melissa in die padkafee besoek. Slaptjip daag hierna op met verbysterende nuus.
Season 1 / Episode 110 9 min

Briekaandraai - Episode 111

Elfra gaan sien Otto om met hom oor die aanbod te praat om weer na Windhond toe terug te kom. Wessel daag met interessante nuus op oor die geel motor wat duskant Porseleinberg in ‘n ongeluk was.
Season 1 / Episode 111 8 min

Briekaandraai - Episode 112

Lana en Wolfgang konfronteer mekaar uiteindelik oor die rede hoekom elkeen van hulle juis nóú Porseleinberg toe gekom het.
Season 1 / Episode 112 9 min

Briekaandraai - Episode 113

Dottie en Slaptjip skinder oor wat alles op die dorp gebeur het juis toe Elfra daar instap en Slaptjip haar pootjie met ‘n onverwagse vraag…
Season 1 / Episode 113 9 min

Briekaandraai - Episode 114

Wessel en Otto praat hulle geskille uit oor die kompetisie tussen Windhond en Briekaandraai. Dan verneem Wessel van interessante verwikkelinge in die padkafee.
Season 1 / Episode 114 6 min

Briekaandraai - Episode 116

Slaptjip en Melissa bespreek die hoogs suksesvolle uitsending van Wolfgang en Lana op Briekaandraai... toe Elfra die nuus breek oor Frans Brink se dood.
Season 1 / Episode 116 8 min

Briekaandraai - Episode 117

Wessel en Otto onderhandel oor die moontlikheid om saam te werk. Maar kan die twee hardekoppe saamstaan?
Season 1 / Episode 117 7 min

Briekaandraai - Episode 118

Skokgolf op skokgolf trek deur Porseleinberg. Maar Elfra hou die sleutel tot die grootste geheim…
Season 1 / Episode 118 8 min

Briekaandraai - Episode 120 (SLOT)

In hierdie laaste episode van die reeks neem sake ’n dramatiese wending wat Porseleinberg se toekoms vir altyd verander.
Season 1 / Episode 120 9 min
100 – 120