Maroela Media Briekaandraai

Briekaandraai

Wat gebeur wanneer ʼn gevestigde koerant op ʼn plattelandse dorpie skielik moet meeding met ʼn varser, jonger radiostasie wat elke keer die nuus eerste aan die gemeenskap bied? En as die koerantredakteur boonop ʼn stoere chauvinis is wat glad nie hou van die wedywering tussen sy plaaslike koerant en die radiostasie nie?

Dít is die opwindende en aktuele storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal, Briekaandraai, geskryf deur Leon van Nierop en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
1 – 20

Briekaandraai - Episode 1

Tannie Dottie van die tuisnywerheid Kolwyntjie op die plattelandse dorp Porseleinberg, se lewe word omgekeer wanneer die aantreklike jong Wessel daar opdaag. Hy soek na ʼn plek om sy nuwe radiostasie te vestig. Hy beloof om ʼn rewolusie op die rustige dorpie teweeg te bring wat almal gaan omkrap.
Season 1 / Episode 1 8 min

Briekaandraai - Episode 2

Die joernalis Wessel soek blyplek op Porseleinberg en daag by die spog gastehuis Briekaandraai op. Met die eerste deurloop besluit hy dit is die regte plek vir sy nuwe radiostasie. Maar die eienares, Melissa, steek ʼn stokkie voor sy planne. Als is nie verlore nie, want hy ontmoet die pragtige…
Season 1 / Episode 2 8 min

Briekaandraai - Episode 3

Otto, die befoeterde redakteur van die plaaslike koerant Windhond, roep die adjunkredakteur, Elfra, na sy kantoor. Dit blyk dat hulle twee ʼn geskiedenis het. Dan vertel sy vir hom skokkende nuus.
Season 1 / Episode 3 8 min

Briekaandraai - Episode 4

Wessel probeer tannie Dottie van Kolwyntjie help om ʼn nuwe kragopwekker aan die werk te kry. Otto daag op en krap almal se lewens om, veral Wessel s’n met sy planne vir ʼn gemeenskapsradiostasie. Albei is hardekoppe en hulle stuur af op ʼn liederlike botsing.
Season 1 / Episode 4 7 min

Briekaandraai - Episode 5

Elfra hoor by die gesiene sakevrou Melissa dat sy nie sal toelaat dat ʼn nuwe radiostasie geopen word nie. Maar sy ontdek ook dat daar tevore ʼn private radiostasie op die dorp was en dat al die toerusting steeds daar is en dus gebruik kan word.
Season 1 / Episode 5 8 min

Briekaandraai - Episode 6

Slaptjip ruik ʼn onaardige stank in die hoofstraat en kom agter die dorp se rioolwerke is nie meer funksioneel nie. Hy besluit om iets daaraan te doen. Otto dreig om die storie op Windhond se voorblad te plaas. Dan sien hulle die nuwe joernalis/omroeper, Wessel Vorster, met ʼn bakkie vinnig…
Season 1 / Episode 6 8 min

Briekaandraai - Episode 7

Die rioolgemors in Porseleinberg se hoofstraat word opgeruim, maar teen ʼn prys. Elfra besoek Melissa en vertel haar hartseer nuus. Corlia daag op met ʼn onverwagse aanbod wat die geharde Melissa twee keer laat dink.
Season 1 / Episode 7 9 min

Briekaandraai - Episode 8

Daar is konsternasie in Kolwyntjie, want die befoeterde redakteur Otto Marais se wegneemslaai is nie gereed nie. Wanneer hy opdaag, dreig hy boonop vir Dottie en Slaptjip met die gesondheidsowerhede… wat katastrofiese gevolge vir hulle kan hê.
Season 1 / Episode 8 8 min

Briekaandraai - Episode 9

Wessel en Corlia gaan ry fiets teen Porseleinberg, maar hul rit word onverwags kortgeknip. Omdat Melissa nie die radiostasie in haar huis wil laat inrig nie, maak die twee ʼn ander plan. Maar ʼn groot skok wag op hulle.
Season 1 / Episode 9 8 min

Briekaandraai - Episode 10

Een van die mooiste herehuise op die dorp brand af. Plakkers het onlangs weer daar ingetrek. Elfra doen ʼn koerantstorie daaroor, maar vind meer uit as wat sy verwag het. Otto dryf haar om na nóg inligting te soek.
Season 1 / Episode 10 8 min

Briekaandraai - Episode 11

Dottie en Slaptjip bespreek die uitslag van die ondersoek wat die gesondheidsowerhede by Kolwyntjie op Otto se aandrang gedoen het. Dan kom albei met ʼn blink plan vorendag na aanleiding van die brand in die ou herehuis.
Season 1 / Episode 11 9 min

Briekaandraai - Episode 12

Wessel en Corlia dink aan maniere om Melissa te probeer oortuig om hulle toe te laat om ʼn radiostasie in een deel van haar gastehuis Briekaandraai te open. Dan kry hulle ʼn blink plan. Maar die hooghartige Melissa daag skielik op en daar’s verrassende gevolge.
Season 1 / Episode 12 8 min

Briekaandraai - Episode 13

Slaptjip daag met sy spesialisgereg op by die koerant Windhond. Dit gee aanleiding tot groot konsternasie. Elfra kry ʼn oproep wat haar skok.
Season 1 / Episode 13 9 min

Briekaandraai - Episode 14

Corlia probeer die geheim oplos van die onbekende persoon wat tannie Dottie terroriseer. Sy besef dit kan die eerste storie vir hul nuwe radiostasie wees. Dan sien Corlia iets raak wat haar koue rillings gee.
Season 1 / Episode 14 9 min

Briekaandraai - Episode 15

Corlia skakel Elfra oor die ontstellende insident van die vorige aand. Slaptjip en Dottie besluit om Kolwyntjie se veiligheid op te skerp – met goeie rede.
Season 1 / Episode 15 9 min

Briekaandraai - Episode16

Elfra en die redakteur van Windhond, Otto, sit vas oor nuusstories wat deur ʼn joernalis gesteel word. In die proses spat die vonke en daar’s verrassende gevolge.
Season 1 / Episode 16 8 min

Briekaandraai - Episode17

Corlia bedink ʼn plan hoe om Melissa te oortuig om die agterste kamers van haar gastehuis, Briekaandraai, aan haar en Wessel te verhuur vir hulle beplande radiostasie. Vir die eerste keer lyk dit of Melissa gaan inwillig, maar Wessel daag op en dit het gevolge.
Season 1 / Episode 17 7 min

Briekaandraai - Episode 18

Slaptjip is vol stories: hy het nuwe voorstelle vir Kolwyntjie se spyskaart en skinder opgewonde oor die dorp se nuwe gimnasium. Hy het boonop planne om die dorp se geskiedkundige boom te help red. Hy moet vroeg huis toe om kos vir sy familie te gaan voorberei wat uit die…
Season 1 / Episode 18 8 min

Briekaandraai - Episode 19

Redakteur Otto ontbied Corlia na sy kantoor by "Windhond" en maak aan haar ʼn verrassende aanbod. Wessel is ontsteld wanneer hy van die gesprek hoor.
Season 1 / Episode 19 7 min

Briekaandraai - Episode 20

Elfra vaar die dorp in en doen onderhoude met die inwoners oor die voorgenome uitkap van die dorp se geskiedkundige boom. So beland sy by Slaptjip en tannie Dottie in Kolwyntjie en kry meer as wat sy verwag.
Season 1 / Episode 20 8 min
1 – 20