Maroela Media Briekaandraai

Briekaandraai

Wat gebeur wanneer ʼn gevestigde koerant op ʼn plattelandse dorpie skielik moet meeding met ʼn varser, jonger radiostasie wat elke keer die nuus eerste aan die gemeenskap bied? En as die koerantredakteur boonop ʼn stoere chauvinis is wat glad nie hou van die wedywering tussen sy plaaslike koerant en die radiostasie nie?

Dít is die opwindende en aktuele storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal, Briekaandraai, geskryf deur Leon van Nierop en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
20 – 40

Briekaandraai - Episode 21

Dottie spoor Melissa aan om Corlia en Wessel by te staan in hulle soektog na ʼn geskikte plek vir die radiostasie. Maar dan tref ʼn ramp die dorp en Otto Marais jaag na die toneel. Om te help? Of om ʼn goeie nuusstorie vir Windhond te kry?
Season 1 / Episode 21 7 min

Briekaandraai - Episode 22

Corlia en Wessel takel mekaar oor Otto se aanbod aan haar. Wessel kom pas van die padbouery af en het nuus oor die boom se lot.
Season 1 / Episode 22 7 min

Briekaandraai - Episode 23

Slaptjip dink daar ontwikkel algaande meer as ʼn werksverhouding tussen Corlia en Wessel. Otto neem Elfra vir ete waar hy meer hoor van die geheimsinnige sakeman, Wolfgang, wat die gimnasium op die dorp gaan open. Otto se eintlike rede vir die ete is om aan Elfra ʼn ultimatum te stel.
Season 1 / Episode 23 8 min

Briekaandraai - Episode 24

Corlia en Wessel wend ʼn finale poging aan om Melissa te oorreed om Radio Briekaandraai in ʼn deel van haar gastehuis te begin. Hulle speel hulle laaste troefkaart.
Season 1 / Episode 24 8 min

Briekaandraai - Episode 25

Dottie hoor die nuus oor die nuwe radiostasie wat gaan begin uitsaai. Corlia nooi haar om by hulle stasie te adverteer en maak ʼn voorstel wat Dottie oorrompel. Otto ontbied Corlia na sy kantoor oor sy werksaanbod en kry ʼn antwoord wat hy allermins verwag het.
Season 1 / Episode 25 8 min

Briekaandraai - Episode 26

Dottie hoor by Slaptjip dat sy neef Toffieneus met die intrapslag reeds moeilikheid maak. Elfra en Dottie gesels nog in die straat voor Windhond se kantore oor al die plakkate van Briekaandraai FM ... toe ʼn skok die dorp tref.
Season 1 / Episode 26 8 min

Briekaandraai - Episode 27

Corlia en Wessel rig hulle kantore vir die nuwe radiostasie in met die hulp van ʼn paar werkers, en beplan opgewonde aan hulle oggendprogram. Dan kry Corlia ʼn ontstellende oproep.
Season 1 / Episode 27 7 min

Briekaandraai - Episode 28

Melissa is op die oorlogspad. Eers moet sy van Slaptjip ontslae raak en dan moet sy Otto konfronteer oor sy vendetta teen Briekaandraai FM. Maar sy het Otto onderskat.
Season 1 / Episode 28 8 min

Briekaandraai - Episode 29

Wessel is woedend omdat Otto hom en sy radiostasie, Briekaandraai FM, saboteer. Hy bestorm Windhond se kantore, maar daar wag ʼn verrassing op hom.
Season 1 / Episode 29 8 min

Briekaandraai - Episode30

Melissa verwyt Elfra oor die jongste skok wat haar gastehuis getref het en sy vermoed Otto sit daaragter. Slaptjip doen nuuskierig navraag oor die nuwe gimnasium se inkommer-eienaar, Wolfgang, wat die dorp aan die raai het.
Season 1 / Episode 30 8 min

Briekaandraai - Episode 31

Wessel en Corlia oefen in die radio-ateljee vir hul eerste toetsuitsending. Wessel gebruik sy kanse en dinge raak te romanties na Corlia se sin.
Season 1 / Episode 31 8 min

Briekaandraai - Episode 32

Otto verwyt Elfra oor haar moontlike betrokkenheid by Briekaandraai FM. Elfra gaan soek troos by Dottie wat ook ʼn probleem het met Otto. Tesame maak hulle ʼn plan om weer sy guns te wen. “Die pad na ʼn man se hart loop deur sy maag.”
Season 1 / Episode 32 8 min

Briekaandraai - Episode 33

Slaptjip vertel vir Dottie dat daar ʼn dwelmprobleem op die dorp is. Hy verdink sy neef Toffieneus dat hy deel van die dwelmnetwerk is. Dottie daag onverwags by die nuwe radiostasie op met haar beroemde “roebab-paai” en dit veroorsaak konsternasie op Briekaandraai FM se stasie.
Season 1 / Episode 33 9 min

Briekaandraai - Episode 34

Slaptjip konfronteer Corlia met die feit dat hy ʼn komedie-aanbieding op hul radiostasie wil doen. Maar dan skiet hy homself in die voet. Die vete tussen Windhond se redakteur Otto en Briekaandraai FM se aanbieder Corlia raak heftiger.
Season 1 / Episode 34 8 min

Briekaandraai - Episode 35

Otto en Elfra praat oor die dwelmstorie wat in vanoggend se Windhond gebreek het en hoe hy daaraan gekom het. Elfra is woedend vir Otto, maar hy hou vol hy was reg. Dit lei tot ʼn breekspul.
Season 1 / Episode 35 8 min

Briekaandraai - Episode 36

Corlia en Wessel het pas hul eerste uitsending voltooi en sy is ekstaties. Haar opwinding is van korte duur wanneer ʼn vreemde man skielik sy opwagting maak.
Season 1 / Episode 36 9 min

Briekaandraai - Episode 37

Dottie en Slaptjip het baie te sê oor die eerste radio-uitsending. Dan daag die geheimsinnige Wolfgang Jordaan op en verander hul lewens in ʼn ommesientjie.
Season 1 / Episode 37 9 min

Briekaandraai - Episode 38

Otto maak ʼn skokontdekking oor Windhond se vorige uitgawe en neem ingrypende besluite wat hy gaan berou.
Season 1 / Episode 38 9 min

Briekaandraai - Episode 39

Wessel en Corlia vier die sukses van hul eerste paar uitsendings. Wanneer Corlia haar vir Wessel vervies, slaan Wolfgang toe en hy neem beheer oor terwyl Wessel magteloos moet toekyk.
Season 1 / Episode 39 8 min

Briekaandraai - Episode 40

Dottie gee Wessel ʼn belangrike nuusleidraad oor die dwelmkartel. Kolwyntjie se nuwe voorkoms lok meer klandisie as wat Dottie en Slaptjip kan hanteer. Dottie is verheug, maar Slaptjip wantrou die man wat dit als veroorsaak het.
Season 1 / Episode 40 8 min
20 – 40