Maroela Media Briekaandraai

Briekaandraai

Wat gebeur wanneer ʼn gevestigde koerant op ʼn plattelandse dorpie skielik moet meeding met ʼn varser, jonger radiostasie wat elke keer die nuus eerste aan die gemeenskap bied? En as die koerantredakteur boonop ʼn stoere chauvinis is wat glad nie hou van die wedywering tussen sy plaaslike koerant en die radiostasie nie?

Dít is die opwindende en aktuele storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal, Briekaandraai, geskryf deur Leon van Nierop en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
40 – 60

Briekaandraai - Episode 41

Wolfgang en Elfra ontmoet mekaar in ’n restaurant en dit lei tot ʼn oorlogsverklaring wanneer Elfra besef sy het die aantreklike Wolfgang totaal onderskat.
Season 1 / Episode 41 8 min

Briekaandraai - Episode 42

Corlia en Wessel het nog ʼn suksesvolle radio-uitsending. Hulle besluit om Slaptjip by hul stasie te betrek. Otto versuur die dag toe hy met ʼn dreigement inbars, maar Wessel laat hom nie afskrik nie.
Season 1 / Episode 42 8 min

Briekaandraai - Episode 43

Slaptjip probeer Corlia se arm draai om sonder ʼn oudisie vir hom sy eie komedie-gleuf op Briekaandraai FM te gee. Wolfgang gaan voort met sy veldtog om Corlia te intimideer en om Slaptjip se produkte in Kolwyntjie verdag te maak.
Season 1 / Episode 43 8 min

Briekaandraai - Episode 44

Otto en Elfra stel ʼn noodplan in werking om die situasie by Windhond te beredder. Hulp daag uit ʼn onverwagte oord op. Otto maak ʼn ontdekking oor die geheimsinnige Wolfgang wat Elfra se oë laat rek.
Season 1 / Episode 44 8 min

Briekaandraai - Episode 45

Slaptjip en Dottie werk verbete om genoeg kos vir die personeel van Windhond te maak, wanneer Wolfgang opdaag met ʼn aanbod vir Dottie wat haar laat bloos. Elfra konfronteer Wolfgang met ʼn foto van hom en Corlia uit die verlede.
Season 1 / Episode 45 9 min

Briekaandraai - Episode 46

Wolfgang se gimnasium open uiteindelik op die dorp en dit is omtrent ʼn gedoente. Wanneer Wolfgang te vriendelik raak met Corlia tydens ’n onderhoud, kry Wessel se jaloesie die oorhand.
Season 1 / Episode 46 7 min

Briekaandraai - Episode 47

Wolfgang gaan sien Otto Marais by Windhond en het ʼn appeltjie met hom te skil oor sy advertensie wat geplaas is. Die twee ego’s bots hewig en aanmekaar. Wolfgang vertrek met ʼn dreigement aan Otto.
Season 1 / Episode 47 7 min

Briekaandraai - Episode 48

Tannie Dottie is vir ʼn week of wat Upington toe en Melissa help Slaptjip uit in Kolwyntjie waar dit rof gaan. Otto daag op met heelwat kritiek op haar bestuur, maar Melissa deins nie vir hom terug nie.
Season 1 / Episode 48 8 min

Briekaandraai - Episode 49

Slaptjip terg Elfra omdat Wolfgang glo net oë vir haar gehad het met die opening van sy gimnasium. Elfra maak dit af as skinderstories. Sy help Slaptjip om sy eerste nuusverslag vir Briekaandraai FM te doen; iets wat sy nog gaan berou.
Season 1 / Episode 49 8 min

Briekaandraai - Episode 50

Slaptjip maak sy debuut as nuusverslaggewer op Briekaandraai FM, maar nie sonder dramatiese gevolge nie.
Season 1 / Episode 50 8 min

Briekaandraai - Episode 51

Daar vind ʼn lelike konfrontasie in Wolfies, Wolfgang se gimnasium, plaas tussen Wessel en Wolfgang terwyl Corlia tevergeefs probeer keer.
Season 1 / Episode 51 8 min

Briekaandraai - Episode 52

ʼn Groot bekgeveg vind plaas tussen Otto en Elfra waarin koerantsake en lojaliteit uitbaklei word, maar die einde is beter as die begin. Getrou aan sy aard, eindig Otto met ʼn opdrag waarmee hy sy ystervuis bal.
Season 1 / Episode 52 8 min

Briekaandraai - Episode 53

Wolfgang draai Melissa om sy pinkie en begin skynbaar bose planne in werking stel. Maar Elfra word nie so maklik mislei nie en hy sien dit as ʼn uitdaging.
Season 1 / Episode 53 8 min

Briekaandraai - Episode 54

Slaptjip is bekommerd oor sy neef se betrokkenheid by dwelms en praat met Wessel daaroor. Wanneer Wessel die aand by die huis kom, wag daar ʼn ongewone verrassing op hom.
Season 1 / Episode 54 8 min

Briekaandraai - Episode 55

Otto is verbasend vriendelik met Slaptjip, maar dit blyk dat hy ʼn nuusagenda het en na ʼn storie soek. Dan tref skoknuus die dorp.
Season 1 / Episode 55 8 min

Briekaandraai - Episode 56

Elfra is eerste op die toneel by die hospitaal en doen ʼn eksklusiewe onderhoud met Slaptjip oor sy nefie wat in ʼn dwelmkoma is. Wessel daag ook daar op en hy plaas Slaptjip in ʼn onmoontlike situasie.
Season 1 / Episode 56 9 min

Briekaandraai - Episode 57

Wanneer Elfra die oggend ná die publikasie van die koerant in die kantoor kom, wag daar ʼn onaangename verrassing op haar en Otto toe hulle die radio aanskakel.
Season 1 / Episode 57 8 min

Briekaandraai - Episode 58

Elfra word in die hospitaal opgeneem met ʼn skietwond. Otto besoek haar en dit blyk dat hy meer vir haar omgee as wat hy voorgee. Maar daar is ook ʼn ander besoeker…
Season 1 / Episode 58 8 min

Briekaandraai - Episode 59

Melissa vertel Corlia dat Otto by Briekaandraai FM was terwyl sy en Wessel uit was en dat hy lank met die nuwe jong omroeper Elmé in gesprek was. Wat knoei die redakteur hierdie keer?
Season 1 / Episode 59 8 min

Briekaandraai - Episode 60

Wolfgang wag Wessel buite die radiostasie in, gee hom inligting wat Wessel ontstel en kom dan met ʼn reddingsplan vorendag. Wessel wil eers daaroor dink, maar het hy ʼn alternatief?
Season 1 / Episode 60 7 min
40 – 60