Maroela Media Briekaandraai

Briekaandraai

Wat gebeur wanneer ʼn gevestigde koerant op ʼn plattelandse dorpie skielik moet meeding met ʼn varser, jonger radiostasie wat elke keer die nuus eerste aan die gemeenskap bied? En as die koerantredakteur boonop ʼn stoere chauvinis is wat glad nie hou van die wedywering tussen sy plaaslike koerant en die radiostasie nie?

Dít is die opwindende en aktuele storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal, Briekaandraai, geskryf deur Leon van Nierop en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
60 – 80

Briekaandraai - Episode 61

Wessel en Corlia se jongste uitsending kry ʼn rekordluistertal. Maar die komende borgskap deur Wolfgang van die middaggleuf hang soos ʼn swaard oor hul koppe.
Season 1 / Episode 61 8 min

Briekaandraai - Episode 62

Dottie keer terug na Kolwyntjie wat in haar afwesigheid, sonder haar medewete, heeltemal verander het en die duiwel bars los.
Season 1 / Episode 62 9 min

Briekaandraai - Episode 63

Otto roep Elfra in sy kantoor in om ʼn nuwe inisiatief met haar te bespreek, maar sy hanteer dit heeltemal anders as wat hy verwag het.
Season 1 / Episode 63 8 min

Briekaandraai - Episode 64

Wessel en Corlia durf die steil pad bergop met hul fietse aan ... die liefde begin net tussen hulle blom toe ʼn motor stilhou en koue water oor hul verhouding gooi.
Season 1 / Episode 64 6 min

Briekaandraai - Episode 65

Otto hou ʼn nuusvergadering en verwag geen teenstand nie. Tot Elfra haar humeur verloor.
Season 1 / Episode 65 8 min

Briekaandraai - Episode 66

Slaptjip kry ʼn geparfumeerde liefdesbrief en swymel die hele dag daaroor. Wanneer Wolfgang by Kolwyntjie instap, verander die atmosfeer heeltemal.
Season 1 / Episode 66 7 min

Briekaandraai - Episode 67

Wessel en Corlia het opgemaak en hou ʼn middernagfees in Briekaandraai. Elfra daag die volgende oggend op en verander hul planne heeltemal.
Season 1 / Episode 67 7 min

Briekaandraai - Episode 68

Elfra ontmoet Wolfgang in die gimnasium en hy ontstel haar. Daarna takel Wolfgang vir Wessel. Hy het ʼn baie gewaagde plan.
Season 1 / Episode 68 7 min

Briekaandraai - Episode 69

Slaptjip en Dottie daag by Kolwyntjie op en Dottie kry die verrassing van haar lewe.
Season 1 / Episode 69 9 min

Briekaandraai - Episode 70

Wolfgang en Otto pak mekaar in die straat, maar nie een van die twee tree as oorwinnaar uit die stryd nie. Otto neem ʼn dramatiese besluit oor wie die redakteur van die nuwe Leefstyl-bylaag is.
Season 1 / Episode 70 8 min

Briekaandraai - Episdoe 71

Die groot oomblik breek aan. Die nuwe middagprogram begin op Briekaandraai FM. Maar dan verander alles …
Season 1 / Episode 71 8 min

Briekaandraai - Episode 72

Dis ʼn dag van groot drama. Elfra het teen Otto se duidelike opdragte op Briekaandraai FM uitgesaai en hy ontbied haar na sy kantoor toe.
Season 1 / Episode 72 7 min

Briekaandraai - Episode 73

Otto daag by Wolfies, die nuwe gimnasium, op. Maar hy het ʼn plan. En Corlia is stewig in sy visier.
Season 1 / Episode 73 8 min

Briekaandraai - Episode 74

Wanneer Slaptjip sy waentjie naby Windhond se kantore parkeer, raak Otto bewus van hom en gaan spreek hom met duidelike opdragte wat Slaptjip ontstel.
Season 1 / Episode 74 8 min

Briekaandraai - Episode 75

Elfra se eerste uitsending as omroeper is ʼn reusesukses en Dottie en Slaptjip vier dit. Dan moet Corlia ʼn keuse maak.
Season 1 / Episode 75 7 min

Briekaandraai - Episode 76

Wessel hoor met ʼn ompad van die Windhond-aanbod wat Corlia gekry het en die duiwel is los. Melissa kom af op die bakleiery tussen hulle. Die vet is in die vuur.
Season 1 / Episode 76 6 min

Briekaandraai - Episode 77

Wolfgang en Elfra beplan aan die middagprogram, maar wanneer Slaptjip opdaag met sy beste slaptjips, ontstaan ʼn moeilike situasie wat Elfra nie verwag het nie.
Season 1 / Episode 77 8 min

Briekaandraai - Episode 79

Elfra groet Otto finaal en kom haal haar laaste besittings uit Windhond se kantore. Dan bars ʼn herrie los in die padkafee.
Season 1 / Episode 79 8 min

Briekaandraai - Episode 80

Wessel saai vir die eerste keer alleen uit en besef: al dink ander dit het goed gegaan, het hy nie sy beste gelewer nie. Dan neem Wolfgang hom onder hande …
Season 1 / Episode 80 8 min
60 – 80