Maroela Media Briekaandraai

Briekaandraai

Wat gebeur wanneer ʼn gevestigde koerant op ʼn plattelandse dorpie skielik moet meeding met ʼn varser, jonger radiostasie wat elke keer die nuus eerste aan die gemeenskap bied? En as die koerantredakteur boonop ʼn stoere chauvinis is wat glad nie hou van die wedywering tussen sy plaaslike koerant en die radiostasie nie?

Dít is die opwindende en aktuele storielyn van Maroela Media se splinternuwe radiovervolgverhaal, Briekaandraai, geskryf deur Leon van Nierop en opgevoer deur Bettie Kemp.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
80 – 100

Briekaandraai - Episode 81

Slaptjip kan sy oë nie glo nie. Hy stap in die padkafee in, en ʼn toneel begroet hom wat hy nooit geglo het hy sal sien nie.
Season 1 / Episode 81 8 min

Briekaandraai - Episode 82

Otto en Elfra ontmoet mekaar oudergewoonte in die gimnasium ... ʼn rusie ontstaan wat die plek tot stilstand bring. Maar ʼn groter skok wag op Slaptjip.
Season 1 / Episode 82 8 min

Briekaandraai - Episode 83

Wolfgang loop Corlia raak waar sy in ʼn agterstraat navorsing doen oor ʼn dwelmonderhandeling. Hy neem haar op ʼn rit in sy sportmotor wat haar lewe verander.
Season 1 / Episode 83 8 min

Briekaandraai - Episode 84

Slaptjip se waentjie is beskadig ná ʼn ligte ongeluk, maar Wessel en Wolfgang help hom om dit weer padwaardig te kry. Wolfgang se hulp kom egter teen ʼn prys.
Season 1 / Episode 84 8 min

Briekaandraai - Episode 85

Otto is baie beïndruk met wat hy by Melissa se padkafee sien. Hy het nooit gedink dié tante sal so ʼn klein rewolusie op die dorp veroorsaak nie. Dan daag Elfra op …
Season 1 / Episode 85 8 min

Briekaandraai - Episode 86

Corlia is besig om uit Briekaandraai Gastehuis te trek wanneer Wessel opdaag en aanbied om te help. Maar Wessel het nuus wat Corlia glad nie verwag het nie.
Season 1 / Episode 86 7 min

Briekaandraai - Episode 87

Wolfgang daag onverwags by Kolwyntjie op en neem Slaptjip op ʼn rit wat hy nooit sal vergeet nie.
Season 1 / Episode 87 10 min

Briekaandraai - Episode 89

Wolfgang en Wessel saai vanaf die padkafee uit en dis ʼn reusesukses. Maar Wolfgang het twee verskuilde agendas wat na vore tree.
Season 1 / Episode 89 8 min

Briekaandraai - Episode 91

Otto roep Corlia in en roskam haar. Dit het egter die teenoorgestelde uitwerking as wat die befoeterde redakteur verwag.
Season 1 / Episode 91 7 min

Briekaandraai - Episode 92

Dottie en Wessel is besig om Kolwyntjie uit te verf wanneer Wessel opdaag. Hy is nogal bekommerd oor sy oggendprogram wat luisteraars verloor.
Season 1 / Episode 92 9 min

Briekaandraai - Episode 93

Wolfgang en Wessel saai selde saam uit maar vanoggend is dit hulle beurt. Dit verander egter in ’n groot geveg.
Season 1 / Episode 93 8 min

Briekaandraai - Episode 94

Otto vra Corlia om Tina se stories oor te skryf en sy kom in opstand. Dan ontmoet Corlia vir Wolfgang buite…
Season 1 / Episode 94 7 min

Briekaandraai - Episode 95

Tannie Dottie en Slaptjip verf dat dit klap in Kolwyntjie toe Elfra daar aankom met interessante nuus oor Wolfgang.
Season 1 / Episode 95 9 min

Briekaandraai - Episode 96

Otto neem nie alleen Dottie se kosrubriek by Windhond weg nie, hy skerm steeds vir die onbevoegde Tina. Maar Corlia het genoeg gehad.
Season 1 / Episode 96 8 min

Briekaandraai - Episode 97

Wolfgang besef Windhond gaan onder en hy maak Otto ’n aanbod vir die koerant. Maar twee hardekoppe, een ’n narsis en die ander ’n diktator, bots liederlik.
Season 1 / Episode 97 9 min

Briekaandraai - Episode 98

Corlia en Wessel ry weer fiets en ontmoet iemand by die afgrond waar ’n lelike insident amper gebeur.
Season 1 / Episode 98 7 min

Briekaandraai - Episode 99

Wolfgang waarsku Wessel dat die oggendprogram ’n stewige opgradering nodig het maar Wessel stem nie saam nie. Dan takel Wolfgang onverwags vir Slaptjip. Dit is asof die duiwel in hom losgeraak het.
Season 1 / Episode 99 8 min

Briekaandraai - Episode 100

Otto en Elfra stap deur die hoofstraat toe daar ’n onverwagse ongeluk is met dramatiese gevolge.
Season 1 / Episode 100 7 min
80 – 100