Wolfgang loop Corlia raak waar sy in ʼn agterstraat navorsing doen oor ʼn dwelmonderhandeling. Hy neem haar op ʼn rit in sy sportmotor wat haar lewe verander.
Season 1 / Episode 83
10 Nov 2020
Afrikaans
South Africa
Drama Leon van Nierop, Bettie Kemp
Die rioolgemors in Porseleinberg se hoofstraat word opgeruim, maar teen ʼn prys. Elfra besoek Melissa en vertel haar hartseer nuus. Corlia daag op met ʼn onverwagse aanbod wat die geharde Melissa twee keer laat dink.
Die joernalis Wessel soek blyplek op Porseleinberg en daag by die spog gastehuis Briekaandraai op. Met die eerste deurloop besluit hy dit is die regte plek vir sy nuwe radiostasie. Maar die eienares, Melissa, steek ʼn stokkie voor sy planne. Als is nie verlore nie, want hy ontmoet die pragtige…
Otto, die befoeterde redakteur van die plaaslike koerant Windhond, roep die adjunkredakteur, Elfra, na sy kantoor. Dit blyk dat hulle twee ʼn geskiedenis het. Dan vertel sy vir hom skokkende nuus.
Wessel probeer tannie Dottie van Kolwyntjie help om ʼn nuwe kragopwekker aan die werk te kry. Otto daag op en krap almal se lewens om, veral Wessel s’n met sy planne vir ʼn gemeenskapsradiostasie. Albei is hardekoppe en hulle stuur af op ʼn liederlike botsing.
Slaptjip ruik ʼn onaardige stank in die hoofstraat en kom agter die dorp se rioolwerke is nie meer funksioneel nie. Hy besluit om iets daaraan te doen. Otto dreig om die storie op Windhond se voorblad te plaas. Dan sien hulle die nuwe joernalis/omroeper, Wessel Vorster, met ʼn bakkie vinnig…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.