Maroela Media Briekaandraai 2

Briekaandraai 2

Net toe almal gedink het die platteland het weer in trurat beland, skok die een krisis ná die ander Porseleinberg uit sy sluimerslaap.

Die bekende karakters van Porseleinberg is steeds daar: die selfvoldane Wolfgang Jordaan keer terug sonder dat die polisie iets teen hom kon bewys; Corlia, wat vir maande in ʼn koma was, word wakker; en die kompetisie tussen die gemeenskapsradiostasie Briekaandraai FM en die plaaslike koerant Windhond se word feller. Die onverwagse raak nou die reël.

Waar alles dus vir ʼn tydperk bedrieglik rustig en bedaard was, val ou geraamtes nou uit die kas en dit bedreig die hele Porseleinberg se bestaan.

Leon van Nierop is weer die skrywer met Bettie Kemp as regisseur en vervaardiger van die tweede reeks van Briekaandraai.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
20 – 40

Briekaandraai 2 - Episode 21

Phoebe se taalkritiek veroorsaak baie meer kontroversie as wat enigiemand verwag het, en kort voor lank word die dorp omgekeer.
Season 1 / Episode 21 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 22

Phoebe gaan pizzas by die nuwe gimnasium aflewer maar loop haar vas in Wolfgang wat skielik baie vreemd optree.
Season 1 / Episode 22 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 23

Melissa en Elfra gesels met Lana voordat sy begin nuus lees. Dan gebeur iets baie dramaties.
Season 1 / Episode 23 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 24

Slaptjip probeer Phoebe se guns wen met nog ’n nuwe soutresep, toe Melissa die donkiekar omgooi.
Season 1 / Episode 24 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 25

Wessel praat met Lana oor haar ineenstorting op die lug. Sy het geen verklaring daarvoor nie. Dan slaan Wolfgang toe.
Season 1 / Episode 25 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 26

Elfra hoor van probleme by Melissa se padkafee maar wanneer sy daarna teen skemer kantoor toe gaan, wag ’n reuse verrassing op haar.
Season 1 / Episode 26 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 27

Wolfgang konfronteer Slaptjip en Wessel. En albei stap as verloorders uit die konfrontasie.
Season 1 / Episode 27 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 29

Phoebe en Slaptjip baklei oor haar vriendskap met Wolfgang. Dan kry Wessel ’n belangrike oproep en iets vreesliks gebeur met Phoebe.
Season 1 / Episode 29 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 31

Skielik ontdek die dorp ‘n sagte kant van Wolfgang wat hulle nie geken het nie. Maar is sy doelstellings eerlik?
Season 1 / Episode 31 10 min

Briekaandraai 2 - Episode 32

Elfra en Corlia het ’n konfrontasie in die gimnasium. Om dinge te vererger steek Otto ook sy neus in hulle sake.
Season 1 / Episode 32 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 33

Wessel is verbaas om te sien hoe Kolwyntjie tuisnywerheid gerestoureer word. Maar nog erger, na sy gesprek met Lana lyk dit of sy ook, soos Dottie, in die Wolfgang-kraal is.
Season 1 / Episode 33 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 34

Elfra kry Corlia se eerste proef-artikel vir Windhond en sy en Otto bespreek dit. Maar dan daag Corlia daar op en die vonke spat na alle kante toe.
Season 1 / Episode 34 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 36

Otto keur Corlia se eerste artikel vir Windhond goed en gaan na die dans toe. Daar wag ʼn groot verrassing op hom…
Season 1 / Episode 36 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 37

Dottie en Wessel bespreek Elfra en Roché se optrede by die opskop die vorige aand. Wessel dink Dottie is ʼn verraaier.
Season 1 / Episode 37 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 38

Elfra konfronteer Wolfgang oor die klagtes oor geraasbesoedeling by sy Super City. Otto lewer kommentaar oor die skinderstories oor Elfra en Roché.
Season 1 / Episode 38 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 39

Lana sukkel weer om nuus by Briekaandraai FM te lees. Corlia vertel Wessel daarvan. Dan kry Lana ʼn onverwagse oproep…
Season 1 / Episode 39 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 40

Otto verneem subtiel oor Roché by Dottie. En Wolfgang maak haar ʼn finale aanbod vir Kolwyntjie.
Season 1 / Episode 40 8 min
20 – 40