Maroela Media Briekaandraai 2

Briekaandraai 2

Net toe almal gedink het die platteland het weer in trurat beland, skok die een krisis ná die ander Porseleinberg uit sy sluimerslaap.

Die bekende karakters van Porseleinberg is steeds daar: die selfvoldane Wolfgang Jordaan keer terug sonder dat die polisie iets teen hom kon bewys; Corlia, wat vir maande in ʼn koma was, word wakker; en die kompetisie tussen die gemeenskapsradiostasie Briekaandraai FM en die plaaslike koerant Windhond se word feller. Die onverwagse raak nou die reël.

Waar alles dus vir ʼn tydperk bedrieglik rustig en bedaard was, val ou geraamtes nou uit die kas en dit bedreig die hele Porseleinberg se bestaan.

Leon van Nierop is weer die skrywer met Bettie Kemp as regisseur en vervaardiger van die tweede reeks van Briekaandraai.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
40 – 60

Briekaandraai 2 - Episode 41

Corlia daag by Windhond op juis toe Otto op pad uit is. Sy en Elfra vat mekaar lelik aan. Dan daag ’n onverwagse present op.
Season 1 / Episode 41 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 42

ʼn Dansskool het op Porseleinberg oopgemaak en Otto vra Elfra om hom te leer dans. Dan word Otto se goeie bedoelings onderbreek…
Season 1 / Episode 42 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 43

Otto besluit om Lana met sy sportmotor uit te neem. Maar wanneer hulle die nag op die dak van sy halfvoltooide fabriek sit en eet, bars ʼn storm los.
Season 1 / Episode 43 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 45

Kolwyntjie kry opposisie toe Wolfgang sy eie tuisnywerheid, Lekkerbek, begin. Maar hy het hom lelik misgis met Dottie wat hom op vol spoed aanvat.
Season 1 / Episode 45 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 46

Slaptjip raak al hoe meer verlief op Phoebe. Dit lyk of sy tjipswaentjie se dae finaal getel is…
Season 1 / Episode 46 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 48

Wessel moet vir Melissa slegte nuus gee. Dan gebeur aardige, onverklaarbare dinge by die radiostasie.
Season 1 / Episode 48 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 49

Terwyl Otto en Elfra die sukses van die Lekkerbek-voorblad vier, maak Wolfgang vir Melissa ʼn aanbod…
Season 1 / Episode 49 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 50

Almal woon die begrafnis van Slaptjip se tjipswaentjie by. En soek geld vir ʼn nuwe een deur die radio in te span, met verrassende gevolge.
Season 1 / Episode 50 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 51

Dit gaan sleg met Melissa. Sy betreur haar lot teenoor Elfra wat probeer raad gee. Maar net Wessel kan help.
Season 1 / Episode 51 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 52

Otto is vir ʼn verandering beïndruk met Slaptjip se nuwe waentjie. En Wolfgang met sy soutresep.
Season 1 / Episode 52 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 53

Wessel verneem met ʼn skok dat Phoebe byna verongeluk het. Maar daar is goeie nuus by die slegte nuus.
Season 1 / Episode 53 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 54

Elfra gaan sien Melissa oor die feit dat Briekaandraai verkoop gaan word, en verduidelik hoe sy gehelp het. ʼn Oproep van die bure ontstel Melissa.
Season 1 / Episode 54 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 55

Otto kom verneem hoe dit by Wessel gaan. ʼn Stewige storm steek op. Dan maak Wessel ʼn verrassende aankondiging.
Season 1 / Episode 55 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 56

Elfra raak in die vloed vasgekeer en soek skuiling by Melissa. Maar die water stoot op en bedreig Briekaandraai Gastehuis…
Season 1 / Episode 56 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 57

Die vloed het geweldige skade op Porseleinberg aangerig. Wessel stel ondersoek daaroor in en besef dan eers hoe vernietigend dit by Wolfgang se Super City was.
Season 1 / Episode 57 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 58

Phoebe vra Slaptjip om haar te help om in haar nuwe blommewinkel in te trek. Maar daar is komplikasies…
Season 1 / Episode 58 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 59

Wolfgang loop soos ʼn beer met ʼn seer kop rond. Phoebe en Otto is skielik in sy giftige visier…
Season 1 / Episode 59 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 60

Otto roep Elfra in oor die veranderings wat sy aan Corlia se Windhond-artikel aangebring het… en die duiwel is los. Slaptjip ontlont die situasie onwetend.
Season 1 / Episode 60 8 min
40 – 60