Maroela Media Briekaandraai 2

Briekaandraai 2

Net toe almal gedink het die platteland het weer in trurat beland, skok die een krisis ná die ander Porseleinberg uit sy sluimerslaap.

Die bekende karakters van Porseleinberg is steeds daar: die selfvoldane Wolfgang Jordaan keer terug sonder dat die polisie iets teen hom kon bewys; Corlia, wat vir maande in ʼn koma was, word wakker; en die kompetisie tussen die gemeenskapsradiostasie Briekaandraai FM en die plaaslike koerant Windhond se word feller. Die onverwagse raak nou die reël.

Waar alles dus vir ʼn tydperk bedrieglik rustig en bedaard was, val ou geraamtes nou uit die kas en dit bedreig die hele Porseleinberg se bestaan.

Leon van Nierop is weer die skrywer met Bettie Kemp as regisseur en vervaardiger van die tweede reeks van Briekaandraai.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
1 – 20

Briekaandraai 2 - Episode 1

Corlia herwin haar bewussyn in die hospitaal en begin swakkies praat. Beide Wessel en Wolfgang daag daar op. Wolfgang se broer het Covid-19.
Season 1 / Episode 1 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 2

Dottie kla dat die tantes nie meer in die Covid-tyd vir Kolwyntjie Tuisnywerheid wil bak nie. Otto maak ‘n bekentenis teenoor Elfra.
Season 1 / Episode 2 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 3

’n Ramp tref Slaptjip reg voor Kolwyntjie en Otto snel hom te hulp. Dan merk albei ’n nuwe intrekker op.
Season 1 / Episode 3 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 4

Corlia word uit die hospitaal ontslaan en Wolfgang gaan wys haar die see. Maar hy vertel haar ook van sy grootste plan nog.
Season 1 / Episode 4 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 5

Die huis waarin Wolfgang Jordaan grootgeword het word platgestoot, en die pers en radio ding mee om die nuus eerste onder mense se aandag te bring.
Season 1 / Episode 5 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 6

Pas nadat Elfra van Slaptjip se nuwe tjips geproe het, daag Corlia op. Maar dis beslis ’n ander Corlia as die een vir wie die dorpenaars lief geword het.
Season 1 / Episode 6 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 7

Dottie skrik haar boeglam wanneer Wolfgang by Kolwyntjie inloop. Wanneer Wolfgang by Briekaandraai se radiostasie aankom maak hy ‘n aankondiging wat die dorp ruk.
Season 1 / Episode 7 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 9

Wolfgang wys sy volle krag op die dorp met die bou van Super City. Sy eerste twee slagoffers is Otto en Corlia.
Season 1 / Episode 9 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 10

Elfra en Wessel praat oor ’n moontlike verhouding tussen haar en Otto. Dan kry Wessel ’n skokkende oproep.
Season 1 / Episode 10 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 11

Die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting. Maar is Wolfgang se fabriek werklik gesaboteer?
Season 1 / Episode 11 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 12

Slaptjip kom sien Elfra oor ’n groot saak en daarna bespreek Elfra en Otto sake van ’n meer persoonlike aard.
Season 1 / Episode 12 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 13

Otto besoek Corlia in haar nuwe gimnasium maar dis nog ver van klaar af. Hy voel sy kort terapie, ná die traumatiese ervarings wat sy gehad het.
Season 1 / Episode 13 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 14

Elfra sit alleen laataand by Windhond se redaksiekantoor en werk. Dan kry sy ’n baie onverwagse besoeker…
Season 1 / Episode 14 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 15

Wessel knoop ’n geselsie met Dottie in die tuisnywerheid aan toe sy hom slegte nuus oor Wolfgang gee.
Season 1 / Episode 15 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 17

Lana is net besig om lekker uit te saai toe ’n onverwagse gas sy opwagting by Briekaandraai se radiostasie maak.
Season 1 / Episode 17 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 18

Slaptjip en Phoebe besluit om haar ouma se spesiale sout met Slaptjip s’n te meng en op die tjips te gooi. Toe bars die duiwel los. Tot Elfra daar aankom…
Season 1 / Episode 18 10 min

Briekaandraai 2 - Episode 19

Melissa (Helena Hettema) sing in haar padkafee oor die platteland wat verander. En Wessel stel ’n ultimatum vir Lana.
Season 1 / Episode 19 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 20

Phoebe maak ’n paar uitdagende stellings op Briekaandraai FM. Wolfgang slaan munt daaruit.
Season 1 / Episode 20 8 min
1 – 20