Maroela Media Briekaandraai 2

Briekaandraai 2

Net toe almal gedink het die platteland het weer in trurat beland, skok die een krisis ná die ander Porseleinberg uit sy sluimerslaap.

Die bekende karakters van Porseleinberg is steeds daar: die selfvoldane Wolfgang Jordaan keer terug sonder dat die polisie iets teen hom kon bewys; Corlia, wat vir maande in ʼn koma was, word wakker; en die kompetisie tussen die gemeenskapsradiostasie Briekaandraai FM en die plaaslike koerant Windhond se word feller. Die onverwagse raak nou die reël.

Waar alles dus vir ʼn tydperk bedrieglik rustig en bedaard was, val ou geraamtes nou uit die kas en dit bedreig die hele Porseleinberg se bestaan.

Leon van Nierop is weer die skrywer met Bettie Kemp as regisseur en vervaardiger van die tweede reeks van Briekaandraai.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
60 – 80

Briekaandraai 2 - Episode 61

Wolfgang en Wessel het ʼn ligte onderonsie in die gimnasium. En Wessel besef dat Lana iets wegsteek.
Season 1 / Episode 61 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 62

Kolwyntjie bars uit sy nate so voorspoedig gaan dit. Maar ʼn souttert, wat nog groot gevolge gaan hê, en sjokoladekoekies plaas die tuisnywerheid in trurat.
Season 1 / Episode 62 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 63

Otto gee onverwags rose vir Elfra. Maar dan loop dinge baie verkeerd vir die redakteur van Windhond…
Season 1 / Episode 63 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 64

Dottie is hoogs ontsteld omdat haar kliënte voedselvergiftiging opgedoen het en sy roep Wessel en Slaptjip se hulp in.
Season 1 / Episode 64 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 65

Elfra en Lana het ʼn ligte gespanne gesprek oor die kompetisie tussen Windhond en Briekaandraai FM en dit het als te make met die vergiftigde souttert. Dan daag Wolfgang op…
Season 1 / Episode 65 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 66

Dottie spog by Otto met haar onderhoud op Briekaandraai FM. Maar hy is glad nie beïndruk nie. Boonop kry Dottie ʼn onverwagse geskenk…
Season 1 / Episode 66 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 67

Lana en Wolfgang gaan see toe vir ʼn naweek. Hierna sal sy nooit weer dieselfde wees nie.
Season 1 / Episode 67 10 min

Briekaandraai 2 - Episode 68

Elfra lag haar slap vir Dottie se manewales wanneer Corrie Coetzee van Tuimeltrieks uit die droogskoonmakers stap. Dan daag Wessel op met belangrike nuus…
Season 1 / Episode 68 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 69

Otto en Elfra het ʼn konfrontasie omdat Briekaandraai FM hulle koerant alweer voorgespring het. En Dottie kry die skok van haar lewe by die gimnasium.
Season 1 / Episode 69 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 71

Otto roskam Wessel oor Briekaandraai FM se gehalte. En Slaptjip is siek van verlange na Phoebe wat hom skynbaar verwaarloos.
Season 1 / Episode 71 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 73

Dit begin alweer reën op Porseleinberg en die inwoners vrees ʼn tweede vloed. Otto daag by Kolwyntjie Tuisnywerheid op met ʼn verrassende navraag.
Season 1 / Episode 73 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 74

Wessel komplementeer Lana met haar goeie uitsending, en hy het ʼn verrassing vir haar. Dan skok Wessel vir Elfra.
Season 1 / Episode 74 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 76

Wessel word deur Wolfgang verneder gedurende ʼn stemopname en hy kritiseer boonop Briekaandraai FM se posisie as radiostasie. Wessel waarsku Melissa oor die foutiewe elektriese bedrading van die ateljee… maar dit is te laat.
Season 1 / Episode 76 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 77

Corlia help Wessel in die gimnasium maar die moontlikheid van ʼn verhouding tussen hulle word finaal die nekslag toegedien. Dan vra Slaptjip ʼn groot guns.
Season 1 / Episode 77 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 78

Melissa word in die hospitaal deur Otto besoek. Maar hy is daar met ʼn doel. En Wessel loop die ergste deur.
Season 1 / Episode 78 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 79

Wessel en Wolfgang argumenteer oor die feit dat hy Briekaandraai FM steeds ondersteun uit sentiment. Wolfgang waarsku Wessel dat hy ʼn diep graf vir homself grawe.
Season 1 / Episode 79 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 80

Otto en Elfra loop deur die nuwe Briekaandraai FM ateljee wat herbedraad is en stem in tot ʼn wapenstilstand, toe Wolfgang onverwags opdaag. Hy spog met sy nuwe, baie geheimsinnige ateljees… dieselfde ateljees wat Wessel laat gaan het.
Season 1 / Episode 80 8 min
60 – 80