Maroela Media Briekaandraai 2

Briekaandraai 2

Net toe almal gedink het die platteland het weer in trurat beland, skok die een krisis ná die ander Porseleinberg uit sy sluimerslaap.

Die bekende karakters van Porseleinberg is steeds daar: die selfvoldane Wolfgang Jordaan keer terug sonder dat die polisie iets teen hom kon bewys; Corlia, wat vir maande in ʼn koma was, word wakker; en die kompetisie tussen die gemeenskapsradiostasie Briekaandraai FM en die plaaslike koerant Windhond se word feller. Die onverwagse raak nou die reël.

Waar alles dus vir ʼn tydperk bedrieglik rustig en bedaard was, val ou geraamtes nou uit die kas en dit bedreig die hele Porseleinberg se bestaan.

Leon van Nierop is weer die skrywer met Bettie Kemp as regisseur en vervaardiger van die tweede reeks van Briekaandraai.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
80 – 100

Briekaandraai 2 - Episode 81

Slaptjip maak sy hart oop teenoor Corlia wat besig is om terug te verander na die ou Corlia wat sy was, tot Melissa opdaag.
Season 1 / Episode 81 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 83

Vandag heers daar chaos gedurende Melissa se sang-uitvoering by die Padkafee en Corlia en Slaptjip vererger dit…
Season 1 / Episode 83 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 84

Melissa gee weer ʼn uitvoering van een van haar liedjies, maar dan stap Slaptjip in en begin vrolik saamsing! Slaptjip se disleksie word aangespreek.
Season 1 / Episode 84 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 85

Elfra vrees dat Wessel die drankmisbruik van Otto se pa op die radio wil ontmasker en ʼn brutale konfrontasie vind plaas.
Season 1 / Episode 85 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 86

Wessel en Corlia spekuleer dat sosiale media die toekoms van uitsaai en koerante gaan word. Dan daag Elfra op en dinge verander.
Season 1 / Episode 86 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 87

Fase 3 van Super City, die pretpark, word geopen. Wolfgang maak ‘n revolusionêre aankondiging wat die hele dorp se toekoms verander.
Season 1 / Episode 87 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 88

Melissa en Slaptjip is geskok oor die gebeure by Super City en probeer aan ʼn uitweg dink om hulle dorp te red.
Season 1 / Episode 88 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 89

Otto sê vir Elfra hy is uitgebrand en wil gaan rus. Sy probeer hom anders oortuig en sy wil inspring om Windhond te red.
Season 1 / Episode 89 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 91

Wessel vra vir Lana of sy doodseker is sy doen die regte ding deur na Wolfgang oor te gaan. Kort daarna is sy by Wolfgang se ateljees en moet sy haar finale antwoord gee…
Season 1 / Episode 91 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 92

Daar heers konsternasie in Kolwyntjie wanneer die nuus versprei dat Wolfgang ʼn sjef-kompetisie gaan hou.
Season 1 / Episode 92 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 93

Lana vertel vir Wessel wat sy oor Wolfgang se aanbod besluit het, en Otto praat met Wessel oor sy aanbod aan hom.
Season 1 / Episode 93 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 98

Die oorlog tussen die media op die dorp kry momentum. Wolfgang gebruik kameras om te baklei en Wessel gebruik die mikrofoon. Sy vernuwing laat die dorp regopsit.
Season 1 / Episode 98 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 99

Dottie neem soutterte na Windhond juis op ʼn oomblik dat ʼn krisis die koerant tref… en alles loop skeef.
Season 1 / Episode 99 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 100

Lana leer ʼn ander sy van Wolfgang ken. En Wessel waarsku dat iemand Otto uit sy posisie probeer werk.
Season 1 / Episode 100 8 min
80 – 100