Maroela Media Briekaandraai 2

Briekaandraai 2

Net toe almal gedink het die platteland het weer in trurat beland, skok die een krisis ná die ander Porseleinberg uit sy sluimerslaap.

Die bekende karakters van Porseleinberg is steeds daar: die selfvoldane Wolfgang Jordaan keer terug sonder dat die polisie iets teen hom kon bewys; Corlia, wat vir maande in ʼn koma was, word wakker; en die kompetisie tussen die gemeenskapsradiostasie Briekaandraai FM en die plaaslike koerant Windhond se word feller. Die onverwagse raak nou die reël.

Waar alles dus vir ʼn tydperk bedrieglik rustig en bedaard was, val ou geraamtes nou uit die kas en dit bedreig die hele Porseleinberg se bestaan.

Leon van Nierop is weer die skrywer met Bettie Kemp as regisseur en vervaardiger van die tweede reeks van Briekaandraai.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
100 – 120

Briekaandraai 2 - Episode 101

Elfra het ʼn slim plan om Slaptjip se beeld te verbeter. Dan takel sy Otto se foute in die nuwe koerant.
Season 1 / Episode 101 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 104

Dit is Sondagoggend en Lana en Wolfgang ry terug van hulle naweek by sy strandhuis waar hy die grootkoppe van die TV-kanaal onthaal het. Wolfgang waarsku Lana teen rugstekers. Die aand op Porseleinberg kom Wolfgang op Elfra af en gee haar ʼn waarskuwing.
Season 1 / Episode 104 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 105

Dottie en Slaptjip bespreek die veranderings by Kolwyntjie en die verfilming in die tuisnywerheid. Dan jaag ʼn motorfiets op Dottie af…
Season 1 / Episode 105 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 106

Wolfgang en Lana bespreek die kritiek op hul loodsprogram se insetsels en hoe hulle dit kan omseil. Wessel praat met Lana oor hoe sy die radiostasie vernuwe het met ‘n Hoekie vir Eensames en nuusprogram vol klankinsetsels.
Season 1 / Episode 106 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 107

Slaptjip en Dottie daag by Corlia se gimnasium op vir hul daaglikse oefening en hoor dan dramatiese nuus.
Season 1 / Episode 107 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 108

Beide Wolfgang en Lana is beïndruk met hoe Elfra Windhond oorgeneem het. Maar Wessel voel sy raak te ongenaakbaar.
Season 1 / Episode 108 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 111

Die duiwel bars los op stel wanneer Corlia se onderhoud nie werk nie en Wolfgang roskam haar deeglik voor almal. Dan daag Elfra op…
Season 1 / Episode 111 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 112

Elfra kuier by Dottie wat haar die leviete voorlees. Dan vertel Dottie vir Lana van ʼn afskuwelike droom wat sy gehad het.
Season 1 / Episode 112 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 113

Lana en Wolfgang bespreek Corlia se televisie-tonele. Dan bel Stefan, die grootkop van die TV-kanaal.
Season 1 / Episode 113 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 114

Dottie en Wessel bespreek die veranderings wat Wolfgang aan sy program wil aanbring. Maar uiteindelik tref verstommende nuus die dorp oor Stefan en sy mening oor Wolfgang se program.
Season 1 / Episode 114 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 115

Lana bied haar TV-insetsel op die strand aan. Dan merk hulle Elfra se motor bo by Wolfgang se strandhuis.
Season 1 / Episode 115 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 116

Wessel hoor dat die TV-program uiteindelik ʼn vaste aanbieder gekry het, en dat hulle hom nie eers oorweeg nie.
Season 1 / Episode 116 7 min

Briekaandraai 2 - Episode 117

Corlia verneem verpletterende nuus en Wolfgang troos haar. Elfra gaan werk die nag alleen op kantoor. Dan staan iemand skielik voor haar.
Season 1 / Episode 117 8 min

Briekaandraai 2 - Episode 118

Dottie en Slaptjip sit alleen op die stoep en kyk magteloos toe hoe dwelmhandel openlik in Porseleinberg se strate plaasvind.
Season 1 / Episode 118 9 min

Briekaandraai 2 - Episode 119

Wessel vertel Wolfgang van die dwelmhandel wat openlik in Porseleinberg se strate plaasvind. Maar wanneer hy Elfra besoek, kry hy nuus wat die dorp ruk.
Season 1 / Episode 119 7 min
100 – 120