Dankbaarheid is 'n vorm van aanbidding

Loading player...
*Spreeklewe
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag (1 Tessalonisende 5:18).
Van al die maniere om God te aanbid, is dankbaarheid waarskynlik die een wat die meeste misgekyk word. Een van die geheime van ‘n gelukkige lewe is dankbaarheid. As ek en jy dit kan reg kry om met dankbaarheid te leef, verander dit die wêreld vir ons. Begin ons verby die dinge kyk wat die lewe vir ons moeilik maak en sien ons die seën wat ons het raak. Die gawe van dankbaarheid word deel van ons lewe wanneer ons ten volle besef wat God vir ons uit genade gedoen het en dit ons dryfkrag word om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
12 Mar 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Liefvlam

Liefvlam het by Annelie kom kuier op #MIRRAG oor haar nuwe enkelsnit, ‘Ek Mis Jou Nou’.🎶✨ ‘n Persoonlike lied oor verlange, herinneringe en om iemand se lig en liefde elke dag saam met jou te dra. Beskikbaar op alle digitale platforms! Gaan luister Nou! 🎶
6 May 21 min

Logan Pietersen

Logan Pietersen het op #MIRRAG kom kuier by Annelie Bouwer oor sy nuwe enkelsnit, ‘Help My Glo’. Met eerlike woorde, rou emosie en ‘n boodskap wat gaan bly!
5 May 14 min

Jan Blohm - Tot daar waar die lig is

Jan Blohm kuier op #MIRRAG met Annelie Bouwer om te gesels oor sy nuwe album, ‘Tot daar waar die lig is.’🎶✨ Jan praat baie openlik op hierdie album oor die maniere waarop hy probeer het om pyn stil te maak en die rol wat Geloof nou in sy lewe speel…
13 May 29 min