Só kon ek my aanvaller vergewe – Nadia Gibbens

Loading player...
Thabo Thamiae het in 2012 vir Nadia Gibbens in hul huis op ’n hoewe in Bainsvlei, Bloemfontein probeer keelaf sny, haar drie keer probeer verwurg, haar probeer verkrag, haar herhaaldelik met ’n gebreekte glasbottel gesteek, geskop en vir dood agterlaat.In die nuutste episode van die Bly Boer-potgooi gesels met Reza Clifford oor die aanval, hoe sy vir hom ’n Sotho-bybel gegee het met sy skuldigbevinding en hoe hard sy moes werk om die trauma te verwerk.
In die episode sal jy meer hoor oor:
die dag wat Thabo vir Nadia aangeval het;
oor haar besoek aan hom in die tronk;
die belangrikheid om trauma te verwerk;
om te kies om goed uit die sleg te vat;
snellers; en
hoe om trauma met jou saam te dra.
2 May 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Ons sal hierdeur kom’ – DF Fyfer

DF Fyfer van Bhetjane Cattle Co is lank genoeg ’n boer om die sielkundige impak en stres van boerdery te verstaan. “Dit is nie net jou eie toekoms wat op die spel is nie, maar die nalatenskap van jou voorouers en die toekoms van jou kinders.”In die Bly Boer-onderhoud met…
3 Apr 21 min

‘Leer om ander te lei en motiveer’ – Francois Rossouw

Francois Rossouw, Toyota en AgriSA se Jongboer van die Jaar, moes al vele storms – letterlik en figuurlik – trotseer. As vierdegenerasie-tafeldruifboer op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei moes hy al vele storms trotseer. Haelstorms, oorstromings en selfs ’n wingerd wat drie keer herplant moes word, het sy veerkragtigheid getoets…
26 Mar 28 min

‘BKS is net nog ’n droogte’ – Bull van Rensburg

“Dit was sekerlik die swaarste tyd in my lewe. Ek het emosioneel deurgeloop,” vertel Bull van Rensburg, ’n boer van Humansdorp, in die eerste episode van seisoen 2 van die Bly Boer-reeks. Nie net was die Oos-Kaapse melkboer se plaas van 1 Mei 2024 tot 6 Junie 2025 weens bek-en-klouseer…
20 Mar 26 min

Landbouweekblad: Is BKS-vrye-status moontlik?

Dr. Gideon Brückner, is ’n wêreldbekende veearts wat al meer as 70 lande besoek het om te bepaal of dié lande hul BKS-vrye-status kon herwin, het hy aan Alani Janeke van Landbouweekblad vertel.
5 Feb 31 min

Klein begin, groot gewin – ’n Loxton-suksesverhaal

Wat as ’n eenvoudige guns begin het – 12 lamspasteie vir ’n vriendin se koffiewinkel – het gelei tot ’n inspirerende suksesverhaal wat gegroei het tot ’n onderneming wat 900 pasteie per dag maak. Nicolette van den Heever van Loxton gesels in hierdie Bly Boer-episode met dr. Johan Beukes oor…
27 Jan 25 min