GEEweek - Tercia en Marius oor plankiesdorp

Loading player...
Kairos CL se volgehoue betrokkenheid by die gemeenskap van Plankiesdorp strek oor meer as twee dekades – ’n pad wat ons keer op keer saam met gesinne stap. Hierdie reis behels nie net fisiese betrokkenheid nie, maar ook ’n diep geestelike en emosionele verbintenis. Ons dien al jare lank as ’n bron van hoop en ondersteuning in ’n gemeenskap wat dikwels groot uitdagings trotseer.
Deur ’n verskeidenheid inisiatiewe verleen ons gereeld hulp aan kinders, bejaardes, gesinne wat op SASSA-toelaes staatmaak, en selfs aan die diere in die gemeenskap. Wat egter werklik uitstaan, is nie net die finansiële of materiële bystand nie, maar veral die waardigheid, omgee en menslikheid waarmee dit geskied.Daar is tans 27 gesinne in Plankiesdorp, wat ongeveer 93 mense insluit – waarvan 35 kinders is. (Hierdie getalle wissel gereeld) Ons betrokkenheid hier strek verder as kos, klere en meubels; ons poog om hoop en menswaardigheid in hierdie gemeenskap op te bou.
Ongelukkig is dit so dat huur oral betaal moet word. Hier is dit dikwels die geval dat, selfs al kry die ouers werk, daar niemand is om na die kinders om te sien nie.
Hier het ons ook vir Tercia Botes leer ken – deur haar kleinkind. Vandag kan ons met oortuiging sê: sy het ’n ongelooflik groot hart. By “Plankiesdorp”, soos ons dit noem, is Tercia altyd die een wat vir ander intree – of dit nou ’n buurvrou is wat sukkel, of ’n dier wat hulp nodig het. Sy vra bitter min vir haarself, al het sy self nie altyd veel om uit te deel nie. Tog is sy altyd bereid om te gee – haar tyd, haar hulp, haar liefde.
27 May 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Liefvlam

Liefvlam het by Annelie kom kuier op #MIRRAG oor haar nuwe enkelsnit, ‘Ek Mis Jou Nou’.🎶✨ ‘n Persoonlike lied oor verlange, herinneringe en om iemand se lig en liefde elke dag saam met jou te dra. Beskikbaar op alle digitale platforms! Gaan luister Nou! 🎶
6 May 21 min

Logan Pietersen

Logan Pietersen het op #MIRRAG kom kuier by Annelie Bouwer oor sy nuwe enkelsnit, ‘Help My Glo’. Met eerlike woorde, rou emosie en ‘n boodskap wat gaan bly!
5 May 14 min

Jan Blohm - Tot daar waar die lig is

Jan Blohm kuier op #MIRRAG met Annelie Bouwer om te gesels oor sy nuwe album, ‘Tot daar waar die lig is.’🎶✨ Jan praat baie openlik op hierdie album oor die maniere waarop hy probeer het om pyn stil te maak en die rol wat Geloof nou in sy lewe speel…
13 May 29 min